Bybels vir tronkbeamptes
Augetto Graig - Die Gideons se plaaslike tak het verlede week Donderdag Bybels aan beamptes van Namibië se korrektiewe dienste oorhandig.
Die Gideons is ’n internasionale vereniging van Christelike besighede wat Bybels aan skole, tronke, hospitale, sekuriteitswagte, polisie- en brandweerbeamptes skenk.
“Hierdie skenking aan die beamptes van verskillende streke van die gevangenisdiens is uit dankbaarheid vir hul werk en ook omdat hulle ons toelaat om Bybels in die verskillende gevangenisse in ons land uit te deel,” het mnr. Norman Kotze, president van die Auas-laer van die Gideons in Windhoek, gesê.
“Ons het vanoggend slegs 14 Bybels uitgedeel, maar was nie bewus van al die offisiere nie. Ons sal seker nog Bybels gee sodra ons nog beamptes se name kry,” sê hy.
Die Bybels is vir die beamptes se persoonlike gebruik.
“Ons glo dat enige Bybel belangrik is omdat dit die Heilige Gees ’n kans gee om met die leser te werk. Die Bybels kom uit ons voorraad,” het Kotze gesê.
Hy sê hulle preek nie vir gevangenes nie.
“Ons deel net Bybels uit en doen ’n gebed tydens ons besoek. Ons mag nie preek nie, want ons kom uit verskillende kerke, maar wel met die enkel geloof in Jesus Christus. Die gevangenes is wel welkom om met ons te gesels. Dit gebeur nogal baie,” het hy gesê.
“Ek was baie beïndruk met die gulhartigheid waarmee ons ontvang en verwelkom is. Daar is duidelik ’n jare lange goeie verhouding tussen die Gideons en korrektiewe dienste. Ons sien uit na nog baie jare se samewerking. Ons gee ook aan God al die eer vir die voorreg om hierdie werk te mag doen."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie