Bybelse vroue, vandag se kwessies
Die Nasionale Teater van Namibië (NTN) bied met trots Brenda Daniels se Three Women and You aan.
Hierdie 90 minute lange drama is vandag om 19:00 en môre om 20:00 by die NTN te sien, en op 26 Oktober om 19:00 op Swakopmund by Laerskool Namib.
Three Women and You is 'n aanpassing van die boek met dieselfde titel deur Brenda Daniels.
Die regie is deur ons eie David Ndjavera behartig.
Die toneelstuk gaan oor “die konflik en triomf” wat drie Bybelse vroue, Elizabeth, Abigail, en die Samaritaanvrou, beleef.
Hul stories word deur drie hedendaagse vroue se lewens voorgestel.
Dis 'n onvergeetlike reis van intriges, verraad, komedie en moed.
Daniels is ’n predikant, wat vas glo ’n beter lewe verg ’n geestelike basis.
Haar passie en doel is om mense te help om hul lewensdoel te ontdek en uit te leef.
Dít leef sy deur haar werk as skrywer, motiveringspreker en berader uit.
Brenda is die stigter van Global WIIND (World Impact In Demonstration) en het vyf van die sewe vastelande, en meer as 30 lande hierdeur bedien.
Brenda is verheug om die vrugte wat haar pogings afwerp, saam met vooraanstaande Namibiese talent en kenners ten toon te stel.
Sy streef daarna om ander te bemagtig.
Three Women and You beteken baie vir Afrika, en veral vir Namibië.
“Die boek is gebore toe ek in 2005 in Namibië was. Ek is genooi om verskeie vrouevergaderings in verskeie stede in Namibië te hou, en tydens al ons besprekings en werkwinkels het ek herhaaldelik na dieselfde drie vroue in die Bybel verwys,” sê Brenda.
Sy het besef hedendaagse vroue ervaar dieselfde kwessies.
“Ek het baie deernis ervaar en met die Namibiese vroue wat ek ontmoet het, besef ek is verplig om die vroue se verhale bymekaar te sit en hul stories neer te pen. En dís hoe die toneelstuk gebeur het,” vertel sy verder.
In die boek erken en bedank Brenda Namibiese vroue.
“Dit is 'n wonderlik dat die eerste internasionale debuut van Three Women and You hier in Namibië sal plaasvind, met 'n 95% Namibiese rolverdeling.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie