Bye baljaar in wynvat
Tanja Bause – Die Namibiese byeboer mnr. Roland zu Bentheim het 'n swerm bye uit 'n ou wynvat verwyder. 'n Man wat 'n swerm bye by sy huis in Otjomuise gehad het, het hom Oktober verlede jaar gekontak.
“Ek het die bye verwyder en na veiligheid gebring. Die man het my weer gebel en gesê daar is nog steeds bye en ek het weer gaan kyk. Dit is toe ek by die buurman die wynvat met die bye opmerk. Ek het die vat gekoop en huis toe geneem,” het hy gesê.
Weens omstandighede kon hy die vat eers gister oopmaak om die bye uit te haal.
“Hulle het hard gewerk en baie heuning gemaak. Ek skat hier is meer as 10 000 bye wat ek nou na veiligheid sal neem.”
As mense bye gewaar, kan hulle vir Zu Bentheim skakel sodat hy hulle kan verwyder.
“Bye is noodsaaklik vir die mensdom se voortbestaan en ons moet hulle bewaar.” Hy kan by 081 635 7323 gekontak word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie