Bye se rol in voedselsekuriteit weergaloos
Ondersteun 87% van gewasse
Dr. Kobus Laubscher - Sondag is Wêreldbyedag (WBD) gevier om erkenning te gee aan die belangrike en onvervangbare rol van bye en ander bestuiwers in volhoubare voedselproduksie.
'n Mens kan nie anders nie as om verstom te staan oor die enorme bydrae wat dié insekte lewer in terme van volhoubare voedselsekuriteit.
In 'n onlangse publikasie van die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) word verstommende feite bespreek.
Drie uit vier gewasse oor die wêreld wat vrugte en saad vir menslike verbruik produseer, is ten minste ten dele afhanklik van bestuiwers soos bye. Verhoogde bestuiwerdigtheid bevorder gevolglik oeste aangesien bestuiwers tot 35% van die wêreld se landbougrond beïnvloed en nagenoeg 87% van die belangrikste gewasse ondersteun.
VOORTBESTAAN BEDREIG
Voedsel wat afhanklik is van bestuiwing dra verder by tot gesonde diëte en voeding, maar bestuiwers se voortbestaan word bedreig as gevolg van tegnologie soos chemiese plant- en insekbeheer. Laasgenoemde is ook noodsaaklik vir volhoubare voedselproduksie – dus 'n duidelike stryd. Deur volhoubaarheid ook te grond op groter diversiteit in terme van grondbenutting en ekologies vriendeliker produksie, kan daar beter balans kom vir die beskerming van veral bye.
Hulle is die bekendste bestuiwers en daar is wêreldwyd nagenoeg 20 000 spesies.
Bestuiwers, wat meer as net bye behels, is onontbeerlik vir die produksie van tot 75% van alle gewasse en vrugte vir volhoubare kwaliteit en kwantiteit. Dit sluit in vrugte, neute, sade en eetbare olies.
Die meeste bestuiwers is dierlik van oorsprong – bye, voëls, ape, bobbejane, ensovoorts is almal deel van dié familie.
Waar die bestuiwingsdiens grootliks gratis beskikbaar was, het grootskaalse landboupraktyke noodsaaklike veranderings gebring.
Landerye, boorde, ensovoorts word groter ten einde ekonomie van skaal te benut, maar daarmee saam styg die werklas van bestuiwers. Kommersiële bestuiwers soos nomadiese byeboere wat letterlik trek van die een gewas/ boord tot die ander, het praktyk geword.
Daar is bewyse hoe die uitwissing van bye as gevolg van siektes en chemiese stowwe gelei het tot laer produksie omdat bestuiwing onvoldoende was. Byeboere is dus welkome besoekers onder sulke omstandighede.
Na raming is gewasse wat afhanklik is van bestuiwing tot vyf maal meer werd as dié wat nie van bestuiwing afhanklik is nie. Hierdie gewasse se waarde word deur die FAO geraam as tussen US$235 en US$577 miljard per jaar.
Die volume landbouprodukte wat afhanklik is van bestuiwing het die afgelope 50 jaar met 300% toegeneem.
Baie van die gewasse wat deur middel van bestuiwing geproduseer word, soos byvoorbeeld koffie en kakao, lewer 'n betekenisvolle bydrae tot kleinboerontwikkeling. Sonder bestuiwing sal daar nie 'n inkomste uit hierdie gewasse wees nie.
'n Mens lees gewoonlik net van die suksesverhale van gemeenskappe wat bevoordeel word, sonder dat die bydrae van bestuiwers erkenning kry.
Bye kan in 'n sekere opsigte beskou word as “lewende hawe”, want behalwe vir hulle werk as bestuiwers, produseer bye ook heuning wat as onafhanklike produk verdere monetêre waarde het. In Kenia het navorsing getoon hoe beter ekologie bydrae tot verhoogde opbrengste van tot 25% omdat die omstandighede vir bestuiwing deur bye meer optimaal gemaak is.
As sodanig kan bye en ander bestuiwers beslis bydra tot voedselsekuriteit en sonder dat dit enigsins koste-implikasies het. Stedelinge besef ook al hoe meer die waarde van bye en daar is toenemende belangstelling in stede vir byeboerdery.
BYEBOERE
Volgens die FAO neem die aantal byeboerderye in stede oor die wêreld jaarliks toe met meer as 200%. In Slovenië is daar 'n stad met 'n spesifieke gebied vir daardie doel wat al ouer is as 100 jaar.
Na wat berig word is die heuning van bye in stede van baie hoë gehalte. Stedelike byeboere kyk ook oor die algemeen baie goed na hulle bye.
As natuurlike versoeter het heuning geen gelyke nie en die helende waarde van die produk word tegnies in ons tyd herontdek. Die rakleeftyd van heuning onder normale omstandighede is lank genoeg om die voordele van die produk selfs tussen jare te rek.
Die heuningby soos ons dit ken, verdien dus meer respek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie