Bygewerk: Ongeluk naby Otjiwarongo eis ses lewens
Ongelukke
’n Botsing tussen twee voertuie gister sowat 20 km suid van Otjiwarongo op die pad tussen dié dorp en Okahandja het volgens voorlopige inligting die lewens van ses mense geëis.
Na bewering is die ongeluk veroorsaak deur ’n derde voertuig – ’n bakkie wat aan die verkeerde kant van die pad gery het en waarvan die bestuurder glo nie by die ongelukstoneel stilgehou het nie, maar weggejaag het.
Die bestuurder van die een sedanvoertuig was teen druktyd in ’n kritieke toestand, terwyl al die passassiers van dié motor in die ongeluk gesterf het. Die bestuurder van die ander voertuig is ernstig beseer, terwyl twee passasiers in die voertuig gesterf het.
Na bewering was ‘n gesin van vier van Windhoek in een van die voertuie op reis. Die ma en seuntjie het in die ongeluk gesterf, terwyl die pa en dogtertjie oorleef het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie