Bylmoord: Plaaswerker pleit geheueverlies
Bylmoord: Plaaswerker pleit geheueverlies

Bylmoord: Plaaswerker pleit geheueverlies

’n Boer wat in 2018 met ’n byl vermoor is se vrou beweer die beskuldigde het haar verkrag en ontvoer.
Kristien Kruger
Kristien Kruger

’n Plaaswerker wat na bewering ’n boer op sy plaas met ’n byl vermoor en sy vrou verkrag het, voer aan hy het geheueverlies.

Hy het Maandag tydens sy hofverskyning ’n psigiatriese evaluering aangevra.

Mnr. Kazana Nicolaus Hausiku (27) word daarvan beskuldig dat hy die 59-jarige boer, wat ’n bekende in rugbykringe was, op 10 November 2018 op sy hervestigingsplot in die Otjimbingwe-omgewing aangeval het.

Hoewel regter Naomi Shivute sy versoek toegestaan het, was sy skepties omdat Hausiku nou die versoek rig, net ná die staat bewyse van die klagte teen hom bekend gemaak het.

Hausiku se ma, me. Gisbertha Kapanga, het in die hoërhof in Windhoek getuig hy het geen geskiedenis van geestesversteuring nie.

Hy beweer hy het eers ná die voorval begin om die gebeure te onthou. Hy het ook Maandag sy verteenwoordiger, mnr. Tjingari Kaurivi, se dienste beëindig. Die saak is tot 20 Januarie 2022 uitgestel.

AGTERGROND

Hausiku het vir drie weke by die egpaar gewerk voordat hy die boer met ’n byl agter sy kop geslaan het terwyl sy vrou op die erf besig was. Hierna het hy glo die vrou gedreig, verkrag, beroof en met hul voertuig weggejaag.

Sowat 35 km van die hoewe het die voertuig op die grondpad omgeslaan en hy het op die vlug geslaan.

Die vrou is oomblikke later deur verbygangers gevind en na die hospitaal geneem.

Hausiku het op alle klagte onskuldig gepleit. Hy beweer hy het die boer uit selfverdediging doodgemaak.

Hy ontken hy het enigiemand verkrag en beweer hy het nie die vrou ontvoer nie, maar dat sy gewillig in die motor geklim het. Volgens hom was dit sy wat bestuur en die ongeluk gemaak het. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!