Bylmoordenaar sit 'n paar dekades
Bylmoordenaar sit 'n paar dekades

Bylmoordenaar sit 'n paar dekades

Siegfried Uirab sal die volgende 23 jaar agter tralies moet deurbring vir die grusame bylmoord op sy moeder.
Ronelle Rademeyer
Jacqueline Louw - Die man wat daaraan skuldig bevind is dat hy sy ma met ''n byl doodgekap en lede van sy familie aangerand en gedreig het, is tot 23 jaar tronkstraf gevonnis.

Regter Christie Liebenberg het die 26-jarige Siegfried Uirab in die hoërhof skuldig bevind aan die moord op sy moeder wat hy op 21 November 2013 met ''n byl doodgekap het.

Uirab is van moord, aanranding met die doel om ernstige liggaamlike leed te veroorsaak asook aanranding deur middel van dreigement skuldig bevind. In dieselfde voorval waarin hy sy moeder vermoor het, het hy ook sy suster met die byl teen die kop gekap en haar kind met die byl gejaag en gedreig.

Liebenberg het in sy uitspraak genoem dat die beskuldigde deur dr. Reinhardt Sieberhagen, ''n psigiater, ondersoek is. Sieberhagen het bevind dat Uirab met verminderde kriminele verantwoordelikheid opgetree het toe hy die oortredings gepleeg het. Die beskuldigde het gely aan “''n waanversteuring deur dagga veroorsaak” , het Liebenberg in sy uitspraak gesê. Dit beteken dat sy waarnemingsvermoë as gevolg van ''n daggabeswyming verwronge was.

Regter Liebenberg het die mening uitgespreek dat ten spyte van die verminderde geregtelike aanspreeklikheid wat in Uirab se geval van toepassing is, moord steeds ''n ernstige misdaad is en dat ''n lang tydperk van tronkstraf onafwendbaar is. Daar moet egter steeds ''n moontlikheid wees vir die beskuldigde om sy lewe aan die einde van sy aanhouding te herbou, het Liebenberg gesê.

Wat die misdaad in hierdie geval erg maak, is dat die beskuldigde sy eie moeder vermoor het en dat die aanval wild en vooraf beplan was. Alhoewel sy oordeel en selfbeheer deur daggamisbruik beïnvloed was, het hy tog ''n beperkte begrip van sy optrede gehad, het die regter bevind. “Om aan die hand van jou eie kind te sterf, is ''n skokkende tragedie”, het Liebenberg gesê.

Liebenberg het afgesluit deur te sê dat die gemeenskap se behoefte aan beskerming die beskuldigde se persoonlike omstandighede in die bepaling van die vonnisoplegging oortref. Hy het verder gesê dat Uirab se dade verwerplik is en dat hy vir ewig gefolter sal word deur wat hy gedoen het, en dat dit op sigself ''n straf is.

Liebenberg het Uirab tot 23 jaar gevangenisstraf vir moord, 2 jaar vir aanranding met die doel om ernstige liggaamlike leed aan te doen en 6 maande vir aanranding deur middel van dreigement gevonnis.

Die tronkstraf vir die laasgenoemde twee misdade sal saam met die tronkstraf vir moord uitgedien word, wat hom dus 23 jaar in aanhouding sal laat bly.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!