Byna N$700 000 se kontant gebuit
Teen gister was die polisie nog op soek na een verdagte wat Saterdag glo by ’n reuserooftog op Katima Mulilo betrokke was.
Denver Kisting – Samewerking tussen die polisie in die Zambezi- en die Kavango-Oosstreek het die naweek gehelp dat drie vermeende rowers binne 14 ure vasgetrek is.
Die koördineerder van misdaadondersoeke in Zambezi, adj.komm. Evans Simasiku, het gister gesê vier mans het Saterdagoggend op ’n winkelkompleks op Katima Mulilo toegeslaan.
Volgens hom was ’n veiligheidswag uit ’n winkel op pad om kontant aan veiligheidspersoneel buite die winkel te oorhandig toe hy deur die viertal oorval is.
Hulle het glo die wag se vuurwapen gegryp en hom daarmee gedreig waarná hy die kontant oorhandig het.
Teen gister is geen sent van die N$663 789,93 al teruggevind nie, het Simasiku bevestig.
Drie van die vermeende rowers is egter omstreeks 01:00, meer as 300 km van Katima Mulilo af by Divundu in die Kavango-Oosstreek in hegtenis geneem ná hulle aanvanklik daarin geslaag het om op die vlug te slaan.
Simasiku sê die polisie is steeds op soek na die laaste verdagte.
Dit blyk twee verskillende voertuie is in die rooftog gebruik, het hy gesê.
Volgens die polisiebeampte het een van die verdagtes die wag se vinger tydens ’n skermutseling met ’n onbekende voorwerp gesteek.
Niemand anders is tydens die voorval beseer nie, het Simasiku gesê.
Die drie verdagtes sal na verwagting môre in die landdroshof op Katima Mulilo verskyn.
Hulle is reeds Sondag van Divundu af na Katima Mulilo geneem.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie