• Tuisblad
  • Weer
  • Byna nie meer salf aan klimaatsverandering te smeer
Byna nie meer salf aan klimaatsverandering te smeer
Byna nie meer salf aan klimaatsverandering te smeer

Byna nie meer salf aan klimaatsverandering te smeer

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Die dodelike hittegolwe, orkane, vloede en ander ekstreme weerstoestande wat die afgelope paar weke op talle plekke in die wêreld voorkom, sal net nóg erger raak.

Klimaatsverandering is gevaarlik naby aan ’n punt van onomkeerbaarheid – en die mensdom is daarvoor verantwoordelik.

Só lui die verslag wat Maandag deur die Tussenregeringspaneel oor klimaatsverandering (IPCC), ’n groep wetenskaplikes van die Verenigde Nasies, uitgereik is.

Daarvolgens is die vlakke van kweekhuisgasse só hoog dat dit vir die volgende paar dekades en dalk selfs eeue, klimaatsontwrigting sal veroorsaak.

Die IPCC beklemtoon die stelling deur na gebeure soos die dodelike hittegolwe, orkane, vloede en ander ekstreme weerstoestande te verwys. Dit wat reeds gebeur sal net nóg erger raak, waarsku hulle.

Volgens die verslag, wat uit inligting van meer as 14 000 navorsingstudies saamgestel is, moet daar dadelik ingegryp word.

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê dié verslag is ’n “kode rooi vir die mensdom”.

Die Sweedse omgewingsaktivis, Greta Thunberg, het ook haar kommer uitgespreek en dit benadruk dat mense nou meer as ooit druk op hul regering moet plaas om klimaatsverandering ernstig op te neem.

Die paneel waarsku met wat tans na ’n moontlike styging van 2°C in die aarde se temperatuur lyk, sal suidelike Afrika teen 2050 toenames in droogte en gevaarlike veldbrande beleef. Dit hou ernstige gevolge vir landbou, bosbou, gesondheid en ekosisteme is.

Noord-Afrika sal ook droë toestande beleef, net soos die westelike Sahel-streek. As daar ’n ineenstorting is van die Atlantiese multidekadale omkeersirkulasie (AMOC), kan die vasteland se moesonseisoen verswak, sê die IPCC in sy verslag. –[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!