Byna sewe dekades se diereliefde
Byna sewe dekades se diereliefde

Byna sewe dekades se diereliefde

Tanja Bause
Tanja Bause - Windhoek se Dierebeskermingsvereniging (DBV) het op 1 September hul 68ste verjaardag gevier.

Vir meer as ses dekades sorg dié tak nie net vir die welsyn van diere wat op straat beland nie, maar ondersoek hulle ook kwessies soos perdewedrenne en die beplande donkieslagpale op Outjo.

Die tak streef daarna om dieremishandeling landswyd te takel en hoop om met die hulp van die gemeenskap noodsaaklike wysiging in wetgewing te bewerkstellig.

Die organisasie is afhanklik van gemeenskapskenkings om diere te kan help.

In dié verband is 'n paar geldinsamelings van stapel gestuur wat tot voordeel van diereliefhebbers én die DBV is.

In die tak se verjaardagmaand kan lede van die publiek honde en katte goedkoper aanneem.

Gewoonlik kos ’n hond N$1 270 en ’n kat N$1 060, maar in September kos beide slegs tussen N$680 en N$800.

Dít sluit, soos gewoonlik, ontwurming, sterilisasie of kastrasie, 'n mikroskyfie en twee inentings in.

Die DBV hou ook sedert 25 Augustus ’n SMS-tombola. Hier kan verskillende pryse gewen word deur ’n SMS, wat N$5 kos, aan 5005 te stuur. Mense kan soveel SMSe soos hulle wil tot 30 November instuur. Die pryse sal in die eerste week van Desember oorhandig word.

Die publiek word ook genooi om op 28 Oktober aan ’n koekversierkompetisie by Camelthorn Garden Services deel te neem waartydens N$10 000 se pryse gewen kan word.

Die beoordelaars vir die kompetisie is mee. Sanet van Wyk Prinsloo, Rina de Bod en mnr. Christie Keulder.

Wenners van versierde koeke en kolwyntjies sal in drie verskillende kategorieë gekies word.

Die kategorieë is 7 tot 13 jaar, 14 tot 19 jaar en volwassenes.

Dit kos N$50 per persoon om deel te neem.

Koeke moet 30 cm in deursnee wees en ’n dieretema hê.

As ’n deelnemer kolwyntjies verkies, moet 15 per deelnemer versier word.

Deelnemers moet foto’s van die bak- en versierproses verskaf.

Vir meer inligting kan die DBV by (061) 238 654 gekontak word of by [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!