• Tuisblad
  • Sake
  • C-Sixty: Alweendo roep halt op N$1,5 miljard-kontrak
C-Sixty: Alweendo roep halt op N$1,5 miljard-kontrak
C-Sixty: Alweendo roep halt op N$1,5 miljard-kontrak

C-Sixty: Alweendo roep halt op N$1,5 miljard-kontrak

'n Sanitasieonderneming wat in 'n diamantwaardeerder omskep is en sonder 'n openbare tender 'n vyfjaarkontrak gekry het se kontrak sal nie hernu word nie.
Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage



C-Sixty se winsgewende diamantwaardasiekontrak met Namibia Desert Diamonds (Namdia) sal nie hernu word wanneer dit in Oktober vanjaar verstryk nie, het Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, bevestig.

Amptenare in die ministerie van myne en energie het onthul die minister, mnr. Tom Alweendo, het reeds kennis aan die diamantwaardasie-entiteit gegee.

Toe hy om kommentaar genader is, het Alweendo gesê die regering oorweeg nie 'n verlenging van die kontrak nie.

“Die C-Sixty-kontrak is steeds tot Oktober 2021 geldig. Ons het geen planne om die kontrak te hernu nie,” het hy gesê.



GEEN REAKSIE

C-Sixty het die kontrak in 2016 losgeslaan nadat die voormalige minister van myne en energie, mnr. Obeth Kandjoze, en die voormalige prokureur-generaal, mnr. Sacky Shangala, hul ­posisies gebruik het om Namdia aan C-Sixty Investments te verbind.

C-Sixty Investments behoort aan mnr. John Walenga, 'n sakeman en voormalige sentrale komiteelid van Swapo, en mnr. Tironenn Kauluma, 'n neef van die voormalige minister mnr. Helmut Angula.

Weens die naderende einde van die ooreenkoms het Walenga nie op navrae oor die toekoms van die maatskappy gereageer nie. Navrae aan Kauluma was ook ­onbeantwoord.



GEINGOB ONDERSOEK

Pres. Hage Geingob het in 2017 die minister van staatsondernemings (SOE's), mnr. Leon Jooste, opdrag gegee om die bewerings te ondersoek dat Namdia sy diamante teen ondergewaardeerde pryse verkoop, asook die omstandighede rondom C-Sixty se aanstelling.

Die Jooste-verslag het aanbevelings bevat wat, volgens hom, Namdia miljoene kon spaar.

Van die sleutelaspekte in die verslag, is die aanbeveling om die kontrak tussen Namdia en C-Sixty te ­kanselleer, asook om die onaanvaar­bare ministeriële magsmisbruik te stop.

Na bewering het ministers doelbewus inligting aan C-Sixty uitgelek sodat die destyds onbekende maatskappy homself kon voorberei om die multimiljoendollar-kontrak op te raap.

Die Jooste-verslag versamel ­intussen stof in Geingob se kantoor nadat dit in 2018 reeds voltooi is.

MILJARDDOLLAR-­OOREENKOMS

Die ooreenkoms is byna vyf jaar gelede onderteken en was hernubaar vir nog vyf jaar, tensy een van die partye 12 maande voor die verstryking van die ooreenkoms 'n kennisgewing van beëindiging inhandig. Alweendo het gekies om nié die kontrak te hernu nie.

C-Sixty is aangestel ten spyte daarvan dat Namdia reeds 'n gekontrakteerde waardeerder, mnr. Neall Haddock, as konsultant gehad het. C-Sixty was net drie maande operasioneel toe hy dié winsgewende kontrak losgeslaan het wat hom binne vyf jaar tot N$1,5 miljard in die sak sou bring.– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-03-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer