Calitz te goed vir Meyer

E-sport
Die Namibiese Elektroniese Sportvereniging (Nesa) het onlangs vir die 11de agtereenvolgende jaar sy NamLan- LAN of the Brave-toernooi by die Universiteit van Namibië (Unam) in die hoofstad aangebied.

Dit is die grootste jaarlikse LAN-kompetisie in die land.

Tristan Meyer, wat die afgelope drie jaar (2015 – 2017) as NamLAN-kampioen gekroon is, moes sy troon aan Jonathan Calitz afstaan.

Calitz sal in 2019 die geleentheid kry om sy titel te verdedig met Meyer wat beslis die nuwe koning sal wil onttroon.

Deelnemers het die kans gehad om oor vier dae om prysgeld van N$30 000 mee te ding, waartydens die spelers mekaar met speletjies soos Fifa 18, Tekken 7, League of Legends, Counter-Strike (Global Offensive) op Playstation4's en ­rekenaars gepak het.

Die uiters gewilde Asseto Corsa, 'n rennabootser, was ook beskikbaar vir spelers om hul bestuurvernuf op die proef te stel.

Die gewilde kompetisie is nie net vir professionele spelers nie, maar ook vir entoesiaste wat vir die eerste keer hul hand aan dié boeiende sport wil waag, sê Nesa.

Deelnemers kon die vonke in spanne (clans) of individueel laat spat.

“Nesa wil sy hartlike dank teenoor Kia Motors, Monster Energy, RocoMamas, BDO, Radio Energy 100 FM, Future CC, MikelJes, en Link Media vir hul borgskappe uitspreek, wat die toernooi moontlik gemaak het.

“Nesa wil ook alle vrywilligers vir hul hulp bedank, wat sake by die ­byeenkoms vlot laat verloop het,” het Nesa se verklaring gelui.

Uitslae

Individueel: Fifa 18 (Playstation4): 1 Mapenzi Chimana, 2 Eugene Morkel, 3 Tristan Meyer.

Tekken 7 (Playstation4): 1 Freddy Mazila, 2 Flip de Bruyn, 3 Shoso Chiinda.

Spankompetisie: League of Legends (rekenaar): 1 Braai Time Gaming, 2 Poro Squad, 3 RayODT.

Counter-Strike (Global Offensive, rekenaar): 1 EZK 25:17, 2 Braai Time Gaming, 3 RayODT.

Asetto Corsa: 1 Louis van der Merwe met 'n rondetyd van 1 minuut 43,556 sekondes, 2 Edan Farmer (1:46,954), 3 David Beukes (1:46,997).

Spanne (algeheel): 1 Braai Time Gaming, 2 EZK 25:17 en RayODT, 3 Poro Squad.

Individueel (algeheel): 1 ­Jonathan Calitz, 2 Flip de Bruyn, 3 Tristan Meyer, Freddy Mazila, David Adams, Andries Steyn en Henry Page deel die derde plek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!