Calle pomp kapitaal
Die minister van finansies het in die jongste begroting nie van die beleid van fiskale konsolidering afgewyk nie, maar nietemin vir ’n ekonomiese stimulus gesorg.
Jo-Maré Duddy – Die regering gaan in die komende begrotingsjaar meer as N$7,9 miljard in ontwikkelingsprojekte inpomp om Namibië uit sy resessie te lig en werkloosheid te beveg.
Dit is sowat N$2,4 miljard of 42% méér as in 2018-’19, het die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, gistermiddag tydens die indiening van die 2019-’20-begroting in die parlement gesê.
Die groot kapitaalinspuiting is noodsaaklik om die ekonomie in 2019 – ná twee resessiejare - te help om tot soveel as een persent te groei, het Schlettwein gesê.
Dié goeie nuus moes vergoed vir kiesers op die laagste inkomstebelastingskaal wat nou tot volgende jaar vir belastingverligting sal moet wag. Verbruikers moet ook gewoond raak daaraan om in die afsienbare toekoms belasting op toegevoegde waarde (BTW) vir suiker te betaal. Daarbenewens gaan lede van die staatsdiens se mediese fonds (Psemas) se bydraes van volgende maand af verdubbel.
Die massiewe verhoging in die ontwikkelingsbegroting is minder indrukwekkend as dit met die bestedingsraamwerk op medium termyn (MTEF) van verlede jaar vergelyk word.
In sy hoofbegroting verlede Maart was Schlettwein se geprojekteerde ontwikkelingsbegroting vir 2018-’19 sowat N$7,3 miljard. Weens die regering se kontantkrisis moes hy dit in sy halfjaar-begrotingshersiening tot sowat N$5,5 miljard sny. In verlede jaar se MTEF was die geprojekteerde ontwikkelingsbegroting vir 2019-’20 bykans N$7,8 miljard, sowat N$100 miljoen minder as die bedrag wat Schlettwein gister bekend gemaak het.
PROJEKTE
Met sowat N$2,5 miljard gaan die grootste gedeelte van die ontwikkelingsbegroting vir vervoer, terwyl N$1,01 miljard vir landbou, water en bosbou opsy gesit is.
Dit sluit N$469 miljoen vir die ontwikkeling en opknapping van waterinfrastruktuur in.
Sowat N$764 miljard is aan stedelike en landelike ontwikkeling beskikbaar gestel en bykans N$588 miljoen is vir veiligheid en sekuriteit geoogmerk.
Onderwys, kuns en kultuur het sowat N$649,7 miljoen tot sy beskikking, terwyl gesondheid en maatskaplike dienste met N$404,4 miljoen moet klaarkom.
Om “lewe in groei en werksgeleenthede te blaas”, is die ontwikkelingsbegroting aan “duidelike vereistes” onderworpe, het Schlettwein gesê: N$1,1 miljard word vanjaar uit die lening by die Africa Development Bank (AfDB) ontplooi. Die oorblywende N$2,9 miljard gaan die ontwikkelingsbegroting in 2020-’21 en 2021-’22 ‘n hupstoot gee.
In samewerking met die AfDB gaan 25% van die tendertotaal deur ‘n kompeterende bieproses vir plaaslike maatskappye beskikbaar wees.
BEDRYFSUITGAWES
Die staatsdiens se totale vergoedingsrekening vir 2019-’20 is bykans N$29,97 miljard – sowat N$1 miljard of 3,6% meer as in 2018-’19.
Dit verteenwoordig sowat 51,1% van die totale bedryfsbegroting vergeleke met 50,8% in 2018-’19.
Die staatsdiens se salarisrol het in die vyf jaar tot voor 2018-’19 met 110% toegeneem, het Schlettwein gesê. ‘n Beteueling van dié uitgawe geld ook vir ondernemings in staatsbesit (SOE’s) en ander regeringsinstellings, aldus hom. Vir die regering om die indiensnemings te bestuur, moet die private sektor werk skep, het hy gesê.
Die belastingbetaler gaan sowat N$2,4 miljard vir Psemas moet opdok, sowat N$100 miljoen minder as in 2108-’19. Psemas-lede se verhoogde bydraes beteken hulle dra in die komende boekjaar N$820 miljoen by, die helfte meer as in 2018-’19.
Reis- en verblyftoelae (S&T) styg met sowat 6% tot ongeveer N$236,6 miljoen.
Volgens Schlettwein het S&T die afgelope drie jaar met altesaam 62% verminder. Die sistematiese vermindering het egter die lewering van sleuteldienste oor die hele spektrum belemmer, asook die voorsiening van noodsaaklike goedere en dienste. Dié neiging moet omgekeer word, aldus Schlettwein.
LANDBOU EN JEUG
Landbou, water en bosbou kry in die nuwe begrotingsjaar 2,85% of N$1,9 miljard van die totale begroting.
In die droogtejaar word word N$100 miljoen onder meer na die noodfonds gekanaliseer, wat die balans van dié fonds tot net meer as N$300 miljoen opstoot.
‘n Bykomende N$204 miljoen is in die gebeurlikheidsfonds.
Sowat N$290 miljoen is vir akkerbou en tuinbouprogramme begroot, waarby die Groenskema ingesluit is.
N$15 miljoen is beskikbaar vir projekte van jong entrepreneurs. Dit is bykomend tot die N$9,5 miljoen vir die nasionale jeugraad ter bevordering van werksgeleenthede. Die begroting maak ook voorsiening vir jeugverwante projekte by die ministerie van sport, jeug en nasionale diens.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie