Calle: Só voltooi ons Neckartal
Elvira Hattingh - Stappe om die Neckartaldam-projek as deel van ‘n openbare-private vennootskap te finaliseer, is reeds geneem.
Dienooreenkomstig behoort fase twee van die Neckartaldam, wat ‘n besproeiingsprojek van sowat 5 000 ha behels, reeds tydens die 2022 – ’23 boekjaar in produksie wees.
Dit aldus die minister van landbou, water en grondhervorming, mnr. Calle Schlettwein, wat vandag (Woensdag, 10 November) tydens ‘n media konferensie groter duidelikheid oor dié onderwerp wou gee.
Die minister het reageer op “misleidende media-berigte” waarvolgens die regering glo geen verdere planne met die reusagtige Neckartaldam het nie.
Schlettwein het gesê daar is geen twyfel dat die regering deurlopend ‘n goed uitgewerkte plan vir Neckartal gehad het nie.
Volgens hom is die projek onlangs by die eenheid vir openbare-private vennootskappe (PPP) geregistreer, waarna die ministerie ook 'n projek inligtingsraamwerk (PIT) ingevul en teen September vanjaar ingedien het.
Hierdie was die eerste stap om die projek onder ‘n openbare private vennootskap uit te rol, waarna daar oor ‘n kontrak onderhandel en dit dan toegeken sal word, het die minister verduidelik.
Schlettwein sê die regering was van plan om fase twee met hul eie hulpbronne te ontwikkel, maar dat globale en nasionale ekonomiese uitdagings hulle gekelder het.
Hy sê buiten vir Neckartal, is ander Groenskema-projekte ook by die PPP-eenheid ingedien om moontlik as openbare private vennootskappe van stapel te stuur.
Dit sluit in ‘n Zone-besproeiingsprojek in die Kavango-Wesstreek, die Tandjieskoppe besproeiingsprojek in die ||Kharasstreek asook die Katima-Liselo besproeiingsprojek in die Zambezi-streek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie