CAN woeker op Lüderitz
Die Kankervereniging (CAN) op Lüderitz is aktief besig om nie net lyers van hul eie gemeenskap te help nie, maar ook ander Namibiërs.
Volgens me. Elize du Toit van die Lüderitz-tak, kon hulle verlede jaar met die hulp van skenkers, vier suurstofmasjiene bekom. Die Rotariërs was nie skaam om hand in eie boesem te steek nie en die Claremont en Lüderitz Rotariërstakke het twee van die masjiene geskenk. Redford Kontrakteurs het ’n derde masjien geskenk en die vierde was van 'n anonieme skenker.
Die masjiene wat N$49 000 werd is, is baie belangrik vir CAN. Twee daarvan is na Windhoek gestuur sodat ander pasiënte ook gehelp kan word.
Volgens Du Toit was die jaarlikse Cup for Cancer 'n sukses met 120 gaste wat die geleentheid bygewoon het. Hulle kon meer as N$9 000 insamel.
Sy sê dit is belangrik dat hulle finansiële rekords oop is vir die publiek sodat mense vertroue in die vereniging het en sal voortgaan om projekte te ondersteun.
Vir die finansiële jaar 2013/14 is altesaam N$171 028 ingesamel wat uit die volgende saamgestel is: N$30 252 (appels), N$710 (blikkies), N$9 020 (Cup for cancer), N$49 750 (skenkings – die waarde van die suurstofmasjiene), N$160 (ledegeld), N$6 000 (Moedersdagete), N$5 060 (Movember), N$7 359 (Pienkdag), N$1 376 (veterverkope) en N$160 (verjaarsdagkalenders).
Mediese inkomste: doeke N$53 515, E-PAP N$940, Life Gain, N$895, Midi’s N$1 169 en sonskerm N$4 662.
Mediese voorraad word gratis aan kankerpasiënte gegee en die inkomste kom uit verkope aan die publiek wat dit teen 'n laer tarief kan koop.
Een “Eggshell” matras is teen N$500 gekoop. Dit word op 'n gewone matras geplaas sodat pasiënte nie so maklik bedsere kry nie.
Du Toit het gesê die Suide se vroue op onder meer Keetmanshoop, Gochas, Karasburg, Rosh Pinah en Lüderitz is tans besig om komberse vir kinders te brei en te hekel. Hulle beoog om in Mei die komberse te oorhandig.
“Ek wou gehad het dat die Suide saam 'n projek moet aanpak!”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie