CANA ontwikkel die kampioene vir toekoms
Kirsty Coventry (Zimbabwe) en Chad Le Clos (Suid-Afrika) is van die vele swemmers wat as juniors hul tande by die Afrika-kampioenskap geslyp het voordat hulle Olimpiese kampioene geword het.
Die 16-jarige Hannah Murphy, Trisha Mutumbulua (15), Mikah Burger (15), Mackenzie Späth (14), Maya Stange (14) en José Canjulo (13) het gister na Tunisië vertrek waar hulle by die 13de CANA junior Afrika-langbadkampioenskap oor 50 meter gaan induik.
Die sestal onder afrigting van Jane Samson het Donderdag in Windhoek amptelik van me. Aileen Botha, president van die Namibië Swemunie (NASU), hul nasionale kleure ontvang.
Die Namibiërs vergesel deur spanbestuurder Amanda Burger gaan van 11 tot 15 September by die Myrtha-swemkompleks in Tunis aan die elite byeenkoms van die Confédération Africaine de Natation (CANA) in 'n horde dissiplines en afstande die water laat spat.
Die swemmers sal as 'n gemengde span, asook meisiespan in die 400 m vryslag en wisselslagaflosse meeding. In die individuele items sal die vier meisies en twee seuns in afstande van 50, 100, 200 en 400 m in die borsslag, rugslag, vlinderslag, vryslag en wisselslag die water laat kook.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie