Canjulo en Burger wen goud in RSA
Canjulo en Burger wen goud in RSA

Canjulo en Burger wen goud in RSA

Swem
Twaalf Namibiese swemmers het blink presteer ná afloop van hul kwalifisering vir die Suid-Afrikaanse nasionale junior swemkampioenskap oor vyf dae wat verlede maand by die Kingspark swembad in Durban, Kwa-Zulu-Natal afgehandel is.

Met meer as 750 van Suid-Afrika se topswemmers daar, het die klein Namibiese spannetjie uitstekend gevaar deurdat elkeen van die twaalf spanlede minstens een keer die finaal van hul items gehaal het.

Die Namibiese Amateur Swemunie (Nasu) se span het uiteindelik tiende geëindig op die lys van 126 klubs van Suid-Afrika, asook sy buurlande Angola, Mosambiek, Zimbabwe en Botswana wat meegeding het.

Die Namibiese swemspan wat deur afrigter Janis Stergiadis vergesel is, was Vicky Botha, Viktoria Ellmies, Tiana Esslinger, Joanne Liebenberg en Heleni Stergiadis (meisies) asook Mikah Burger, José Canjulo, Christopher de Jager, Quinn Ellis, Corné le Roux, Martin Oosthuizen en Ronan Wantenaar.



Namibië se medaljewenners was:

José Canjulo (13 jaar): goud in 50 vryslag (25.73), goud in 400 vryslag (4.19.73), goud in 200 rugslag (2.14.74), goud in 100 vlinderslag (1.00.85); silwer in 100 rugslag (1:03:18), silwer in 50 borsslag (31.78), silwer in 400 individuele wisselslag (4:54:35), silwer in 50 vlinderslag (27:73), silwer in 200 individuele wisselslag (2.14.67).

Mikah Burger (14 jaar): goud in 100 vlinderslag (1:00:11); silwer in 200 vlinderslag (2:17:01), silwer in 50 rugslag (28:82), silwer in 200 individuele wisselslag (2.16.72); brons in 100 rugslag (1:03:12), brons in 50 vlinderslag (27:77). Hy was ook vierde in sy 400 individuele wisselslag (4.59.95).

Ronan Wantenaar (18 jaar): brons in 50 borsslag (29.52), brons in 100 borslag (1.05.23), brons in 200 individuele wisselslag (2.08.04).

Al drie hierdie tye van Wantenaar is sowel 'n nasionale ouderdomsrekord vir seuns 17-18 jaar as 'n Namibiese ope mansrekord.

Die 16-jarige Martin Oosthuizen se tyd in die 400 individuele wisselslag (4.55.26) het ook 'n nasionale rekord oortref wat vir jare bly staan het.

Namibië se voorste vroueswemmer, Heleni Stergiadis, het in elkeen van haar items tot die eindronde deurgedring en het naelskraap die brons­medaljes in haar 200 individuele wisselslag en 100 vlinderslag misgeloop. Heleni het reeds vir die FINA junior wêreldkampioenskap in Boedapest in September vanjaar gekwalifiseer.

Die 12-jarige Quinn Ellis, wat vir die eerste keer vir die SA junior kampioenskap gekwalifiseer het, het sewe finale gehaal en het net-net 'n brons in die 50 vryslag met 'n persoonlike beste van 28.27 misgeloop.

Corné le Roux (16) het 'n kwalifikasie vir die FINA junior wêreldkampioenskap met sy 200 vryslag-tyd van 2.00.83 behaal. Nog 'n FINA-kwalifiseerder was Tiana Esslinger met haar persoonlike beste tyd van 2:25.93 in die 200 rugslag.

• Plaaslike swemmers sien uit na die laaste gala van die langbadseisoen (byeenkoms nommer 5) en die Aqua-pentathlon wat komende Vrydag en Saterdag by die Olympia-swembad voorlê.

Kommentaar

Republikein 2024-07-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Toyota Cheetahs XV 82 vs 20 NovaVit Griffons | Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 #N/A Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.32 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 47.96 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82% #N/A