Canjulo, Wantenaar laat water kook

Jose Canjulo en Ronan Wantenaar het onderskeidelik drie en twee nasionale rekords oortref.
Tielman van Lill



Sewe Namibiese swemmers het onlangs in Ghana se hoofstad Accra aan die Afrika-kampioenskap deelgeneem waar vyf Namibiese rekords verbeter is.

By die meisies 17 jaar en jonger het Nicole Redecker (17) 'n derde plek in die 400 meter individuele wisselslag in 5 minute 24.63 sekondes behaal. Sy was ook derde in die 200 vlinderslag in 2:36.15. Redecker was ook lid van die gemengde aflosspan wat derde in die 400 wisselslag was (4:22.88), saam met Jose Canjulo, Trisha Mutumbulua en Mikah Burger.

Met twee vierde plekke het Namibië net-net 'n podiumposisie in die volgende aflosse misgeloop:

800 vryslag: Nicole Redecker, Maja Brinkmann (13), Reza Westerduin (14) en Trisha Mutumbulua (16) 9:38.34.

400 vryslag: Reza Westerduin, Maja Brinkmann, Nicole Redecker en Trisha Mutumbulua 4:21.92.

In die kompetisie vir seuns het Ronan Wantenaar, wat by die Fina-ontwikkelingsentrum in Kazan, Rusland, oefen, twee Namibiese rekords in die 50 en 100 borsslag laat spat.

In die 50 meter was hy derde met 28.71 sekondes en in die 100 ook derde (1:03.64).

Jose Canjulo (16) spog ná dese met drie vars Namibiese rekords. Sy tye in die 200 en 400 vryslag is onderskeidelik 1:58.6 en 4:12.98. Die 100-vlinderslag het hy die water in 58.03 sekondes laat spat.

Veya ICT Namibië borg Canjulo sedert 2019, wat sy deelname in Ghana verseker het.

Nasfed, die Namibiese Swemfederasie, sê: “Sulke internasionale galas is baie belangrik vir ons swemmers om hulself harder te druk. Dit herinner hulle hoekom hulle swem en maak hulle net meer vasberade om beter te vaar.

“Ons is gelukkig om die Pupkewitz-stigting en die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee as hoofborge vir die span na Ghana te hê. Baie dankie vir jul voortgesette belegging in swem.”

So het hulle teen die bestes van Afrika gevaar:



NICOLE REDECKER

Borsslag: 50 m (vyfde, 36.87), 100 m (sewende, 1:20.52), 200 m (vyfde, 2:53.56).

Individuele wisselslag: 200 m (vyfde, 2:33.54), 400 m (derde, 5:24.63).

Vlinderslag: 100 m (sesde, 1:09.43), 200 m (derde, 2:36.15).

Vryslag: 200 m (agtste, 2:19.77).



MAJA BRINKMANN

Borsslag: 200 m (agtste, 3:11.37).

Individuele wisselslag: 200 m (agtste, 2:43.44).

Rugslag: 100 m (agtste, 1:13.97), 200 m (agtste, 2:35.16).



TRISHA MUTUMBULUA

Rugslag: 50 m (negende, 34.30).

Vlinderslag: 50 m (sewende, 31.01), 100 m (tiende, 1:15.06).

Vryslag: 50 m (vyfde, 27.59), 100 m (sesde, 1:01.06), 200 m (elfde, 2:23.16).



REZA WESTERDUIN

Rugslag: 50 m (sewende, 33.18), 100 m (sesde, 1:10.82), 200 m (sesde, 2:32.79).

Vlinderslag: 50 m (agste, 31.01).

Vryslag: 400 m (negende, 5:01.04), 800 m (sewende, 10:18.77).



JOSE CANJULO

Individuele wisselslag: 200 m (vyfde, 2:14.84).

Rugslag: 100 m (sesde, 1:00.66).

Vlinderslag: 50 m (negende, 26.36), 100 m (agste, 58.03).

Vryslag: 100 m (sesde, 53.92), 200 m (sewende, 1:58.60), 400 m (vyfde, 4:16.70). Sy tyd in die uitdun was 4:12.98.



MIKAH BURGER

Borsslag: 50 m (sewende, 32.40).

Individuele wisselslag: 200 m (agste, 2:18.71).

Rugslag: 50 m (sewende, 28.73), 100 m (12de, 1:08.57).

Vlinderslag: 50 m (tiende, 26.80), 100 m (negende, 58.69), 200 m (vierde, 2:12.14).



RONAN WANTENAAR

Borsslag: 50 m (derde, 28.71), 100 m (vyfde, 1:03.64).

Rugslag: 50 m (sewende, 27.38), 100 m (sewende, 1:00.52).

Vryslag: 50m (negende, 24.02), 100 m (elfde, 54.48).



GEMENGDE SPANNE (18 en jonger)

Mikah Burger (17), Reza Westerduin, Trisha Mutumbulua en Jose Canjulo eindig vierde met 4:00.63 in die 400- vryslagaflos.

• Die CANA Sone 4-byeenkoms komende Saterdag en Sondag sal 'n virtuele kompetisie tussen die deelnemende lande wees. Die tweede Bank Windhoek-langbadgala sal op 5 en 6 November plaasvind.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!