Capitec se aandeel tel sy kop op ná nuus oor wins
Hanlie Stadler
Capitec, wat die afgelope ruk in die spervuur van ’n omstrede navorsingsverslag was, het Maandag darem ’n bietjie goeie nuus vir beleggers gebring.
Die maatskappy verwag dat sy verdienste en wesensverdienste per aandeel vir die boekjaar tot 28 Februarie met tot 19% hoër gaan wees as die vorige jaar.
Capitec publiseer sy jaarresultate op 28 Maart.
Die bank is sedert einde Januarie onder beleg nadat die kortverkopers van Viceroy Research ’n verslag uitgereik het wat Capitec se leningspraktyke bevraagteken.
Gerrie Fourie, uitvoerende hoof, en André du Plessis, finansiële hoof, doen op 20 Maart ’n voorlegging aan die parlement se staande komitee oor finansies oor dié verslag.
Die komitee gaan ook voorleggings van die Reserwebank, tesourie en die Raad op Finansiële Dienste aanhoor om vas te stel hoe hul ondersoek na die Viceroy-verslag vorder. Yunus Carrim, voorsitter van die komitee, sê Viceroy sal ook gevra word om voorleggings te doen, maar dis onseker of die groep, wat uit Amerika sake doen, so ’n uitnodiging sal aanvaar.
Capitec se aandeelprys het ná die handelsverklaring Maandag teen 11:00 met 1,58% tot R853,51 gestyg, maar dis steeds meer as 20% laer as vóór die uitreiking van die Viceroy-verslag. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie