Capricorn Groep distansieer hom van Van Rooyen
Capricorn Groep distansieer hom van Van Rooyen

Capricorn Groep distansieer hom van Van Rooyen

Henriette Lamprecht
Die Capricorn Groep het hom gedistansieer van ’n inskrywing wat mnr. Riaan van Rooyen, Bank Windhoek se verkoopsbestuurder, op sosiale media gemaak het waarin hy swart Suid-Afrikaanse betogende studente met bobbejane vergelyk het.

In ’n verklaring sê die groep die inskrywing weerspieël nie die mening van óf die groep óf Bank Windhoek of enige van sy filiale op welke manier ook al nie. Volgens die verklaring is dit die mening van Van Rooyen.

“Beide die Capricorn Groep en Bank Windhoek veroordeel rassisme, haatspraak en enige vorm van diskriminasie as growwe oortredings van sy kernwaardes en etiek,” lui die verklaring.

Van Rooyen is met onmiddellike effek geskors en die voorval, wat in sosiale media opslae maak, word in ooreenstemming met die groep se interne dissiplinêre en beleidsetiek hanteer.

Kommentaar

Republikein 2025-04-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer