Capricorn twee banke ryker
Capricorn twee banke ryker

Capricorn twee banke ryker

Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy – Die plaaslik genoteerde Capricorn Investment Group besit nou die beherende aandeel in Capricorn Investment Holdings (Botswana) Limited (CIHB) én Cavmont Capital Holdings Zambia plc (CCHZ).
In ‘n aankondiging op die Namibiese aandelebeurs (NSX) gister het Capricorn gesê al die vereistes vir dié verkrygings – wat aanvanklik op 8 Desember verlede jaar aangekondig is – is nagekom en dat die transaksies op 1 Januarie vanjaar van krag geword het.
CIHB – waarin Capricorn nou ‘n belang van 65% het - besit al die aandele in Bank Gaborone. Capricorn besit nou ook 97,9% van die aandeelhouding in CCHZ, wat op sy beurt 100% van Cavmont Bank in Zambië besit.
As deel van die transaksie het Capricorn 11 598 336 nuwe aandele uitgereik.
In verwante nuus is aangekondig dat Franco Pretorius as die bedryfshoof (COO) van Bank Windhoek – die vlagskip van die Capricorn-groep – aangestel is. Pretorius, ‘n Namibiër, beskik oor B.Sc.- en MBA-grade. Sy aanstelling geld van 1 Mei.
Capricorn is op die plaaslike indeks van die NSX genoteer en het Woensdag op N$17,38 per aandeel gesluit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!