Caprivi-8 se verhoor weer uitgestel
Caprivi-8 se verhoor weer uitgestel

Caprivi-8 se verhoor weer uitgestel

Die verhoor van die mans wat tereg staan weens hul beweerde betrokkenheid om die Caprivi-streek af te stig, is gister uitgestel.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw – Die nuutste verhoordatum in die hoërhof in Windhoek van agt beskuldigdes in die Caprivi-hoogverraadsaak is 12 Junie.

Dié saak, wat gister deur regter Petrus Unengu aangehoor sou word, is uitgestel op versoek van advokaat Neville Wamambo, wat die staat verteenwoordig, sodat sekere kwessies in verband daarmee uitgeklaar kan word.

Die saak het ook op 15 Mei voorgekom, waartydens prokureur Ilse Agenbach, wat ses van die beskuldigdes verteenwoordig, en prokureur Jorge Neves, wat ’n verdere twee van die beskuldigdes verteenwoordig, ’n beswaar wou indien teen die hof se regsbevoegdheid om die saak aan te hoor. Die saak is tydens daardie geleentheid vir ’n week uitgestel.

Die agtal, mnre. Progress Munuma, Shine Samulandela, Manuel Makendano, Alex Mushakwa, Diamond Salufu, Frederick Ntambilwa, Hoster Ntombo en John Tembwe, betwis die staat se regsbevoegdheid om die saak aan te hoor. Hulle beweer dat hulle onwettig na Namibië gebring is en uit Botswana ontvoer is voordat hulle deur die Namibiese owerhede in hegtenis geneem en aangekla is.

Die mans staan tereg op klagte van hoogverraad, opstand, openbare geweld, die onwettige besit van ammunisie en twee klagte van die invoer, besit en voorsiening van wapens soos kanonne, terugslaglose gewere, mortiere, vuurpyllanseerders of masjiengewere en die ammunisie daarvoor.

Die agt mans is al meer as 13 jaar in gevangenisskap.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!