Caprivi-saak: Siviele eise gaan voort
Caprivi-saak: Siviele eise gaan voort

Caprivi-saak: Siviele eise gaan voort

Elvira Hattingh
Die hoërhof sê die verhoor van 20 siviele eise van N$302 miljoen deur vrygespreektes in die Caprivi-hoogverraad­saak teen die aanklaer-generaal en die regering, moet voortgaan.

Dít volg nadat die aanklaer-generaal, me. Martha Imalwa, 'n aansoek by die hof ingedien het om die siviele eise te stop terwyl sy teen die vryspreking van sommige in die hoof- Caprivi-hoogverraadsaak appelleer.

“Indien die vervolging in hierdie stadium gestuit word, sal dit nie net voortydig wees nie, maar ook tot vooroordeel van die onderskeie partye se regte strek,” het adjunk-regter-president Hosea Angula tydens sy uitspraak op 24 Februarie gesê.

“Hul reg om vir beweerde kwaadwillige vervolging vergoed te word, sal vir 'n onbepaalde tydperk uitgestel word totdat die appèl afgehandel kan word.

“Objektief beskou, is dit nie regverdig om die saak te stuit terwyl dié wat vantevore saam met hulle beskuldig is, se saak voortgaan nie,” het Angula verder gesê.

Regter Angula het bevind die feit dat die aanklaer-generaal meer as drie jaar gewag het om teen die vryspraak van 25 van dié voormalige beskuldigdes te appelleer, nie beteken dat strafregtelike verrigtinge ten opsigte van daardie verhoor nou hangend voor die hoërhof is nie.

“Dit sal slegs die geval wees indien die aanklaer-generaal die hof oortuig het waarom die laat indiening van haar aansoek ver­skoon moet word.

'n Hofbevel om 'n siviele saak te stuit terwyl 'n strafsaak oor dieselfde kwessie aan die gang is, word nie ligtelik toegestaan nie en sal buitengewone omstandighede vereis voordat 'n hof dit sal doen,” het die regter gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!