Cassinga: Oorlewendes wil onthou
Cassinga: Oorlewendes wil onthou

Cassinga: Oorlewendes wil onthou

Maria Eiseb
Tydens die 39ste herdenking van ­Cassingadag wat by die UN Plaza in Katutura in die hoofstad gehou is, het mnr. Vahongaifa Mwanyekange, wat namens die oorlewendes gepraat het, gesê hulle beplan om memoires van hulle ervaring oor die spesifieke dag te skryf.

Dié geskrifte, oor die gebeure van 4 Mei 1978 toe soldate van die Suid-Afrikaanse Weermag (SADF) 'n Swapo-vlugtelingskamp by ­Cassinga in die suide van Angola aangeval het, sal in een dokument vervat word.

Volgens Mwanyekange sal hulle wat oorleef het, 'n ware weergawe van gebeure op die dag vertel. “Die idee is om hulde aan ons helde en heldinne­ te bring,” het hy bygevoeg.

Verlede jaar het 'n groep van 217 mense na Cassinga, ongeveer 250 km noord van die Namibies-Angolese­ grens, gereis om die dag te gedenk.

Mwanyengange het gesê “die pilgrimstog was 'n genesingsproses vir baie van ons en die meeste het finaal berus by wat destyds gebeur het”. -Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!