Cell C nou op meer volhoubare pad
Die transaksie met Blue Label Telecoms om Cell C uit sy finansiële verknorsing te red, is afgehandel, het die twee maatskappye Maandag aangekondig.
Die herkapitalisasie van Cell C, Suid-Afrika se derde grootste selfoonnetwerk, verminder sy skuld tot sowat R6 miljard en plaas hom op 'n meer volhoubare pad.
Blue Label het R5,5 miljard betaal vir 'n belang van 45% in Cell C en Net1 het R2 miljard betaal vir 15%.
3C Telecommunications besit 30% in die selfoonmaatskappy en 10% word deur Cell C se bestuur en werknemers besit.
Volgens Cell C het die Suid-Afrikaanse eienaarskap ná die transaksie van 25% tot 86% toegeneem.
Volgens Jose dos Santos, uitvoerende hoof van Cell C, verskaf die herkapitalisasie 'n volhoubare platform vir groei. Dit sal gesonder mededinging in die mark vir telekommunikasie bevorder en uiteindelik sal die koste vir verbruikers verder daal, sê hy.
Brett Levy, gesamentlike uitvoerende hoof van Blue Label, sê die “nuwe” Cell C bied aan sy aandeelhouers goeie groeivooruitsigte. Daar is ook die moontlikheid om Cell C in die toekoms afsonderlik op die JSE te noteer, sê Levy.
Blue Label, wat op die JSE genoteer is, verkoop onder meer voorafbetaalde lugtyd, data en elektrisiteitbewyse.
Moody's Investors Service het in Mei gesê hy is bekommerd dat Cell C nie al sy skuld sal kan betaal nie, selfs met 'n nuwe kapitaalstruktuur.
Cell C het sy eerste voljaarwins in 2016 aangeteken.
Dié wins van R540 miljoen volg op 'n verlies van R5,5 miljard in die vorige boekjaar.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie