Cenored sny krag in Sentrale Noorde
Ongeveer 200 verbruikers in die Sentrale Noorde word geraak deur Cenored se versoek om kontrakte vir die aankoop van elektrisiteit te sluit.
Augetto Graig - Die elektrisiteitsverskaffer vir Namibië se Sentrale Noorde, Cenored, het begin om verbruikers se kragtoevoer af te sny wat nie kontrakte vir die aankoop van elektrisiteit gesluit het nie.
Ongeveer 200 kliënte word geraak.
Mnr. Ekonia Mudjanima, Cenored se uitvoerende bestuurder van korporatiewe dienste, het op navraag aan Republikein gesê geen nuwe kontrakte is ter sprake nie. Die onderneming het ná ‘n administratiewe ondersoek bevind elektrisiteit word aan sekere verbruikers verskaf, met wie geen betalingsooreenkomste aangegaan is nie.
“Cenored het, toe ons in 2005 begin het, van NamPower en verskeie plaaslike owerhede se kliënte oorgeneem. Ongelukkig is van hierdie kliënte se ooreenkomste om elektrisiteit aan te koop, nie oorgedra nie. Ons hanteer hierdie saak op ‘n kliënt-tot-kliënt grondslag. Die proses is egter baie stadig en het nie die nodige resultate opgelewer nie,” sê Mudjanima.
Cenored wys ook daarop dat dié oefening nie alle kliënte raak nie - slegs diegene wat nie kontrakte met Cenored gesluit het nie.
Kliënte van wie die rekords op datum is, hoef nie ander kontrakte te sluit nie.
Alle geraakte verbruikers is skriftelik in kennis gestel en amptenare van Cenored het een-tot-een gesprekke met hulle gevoer. Dit is gedoen om die ooreenkomste te verduidelik en om misverstande uit die weg te ruim.
Mudjanima sê geskrewe kennisgewings is aan die begin van September gestuur aan diegene wat geraak word, waarvolgens kontrakte voor of op 30 September gesluit moet word.
Dié sperdatum is egter uitgestel om verbruikers die geleentheid te gee om reëlings te tref om die hoofverbruikers se handtekeninge te verkry.
“Kliënte wat nie skriftelike kennisgewings ontvang het nie, hoef nie bekommerd te wees nie, want hul rekords is in orde,” sê Mudjanima.
Dit is ook duidelik gestel hierdie is bloot ‘n administratiewe kwessie en geen tariewe het verander nie.
Diegene wat van koopkrag gebruik maak, word ook nie hierdeur geraak nie. Slegs kliënte aan wie elektrisiteit voorsien word en wat elektrisiteitsrekeninge ontvang, word geraak.
Mudjanima het gesê sommige geraakte kliënte se samewerking was nie na wense nie.
Gevolglik sal dienslewering gestaak word aan diegene wat versuim om ooreenkomste te sluit om elektrisiteit aan te koop.
“Die afsny van elektrisiteit het reeds begin, aangesien die meeste kliënte die versoek verontagsaam het om die ooreenkoms te finaliseer,” het Mudjanima bygevoeg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie