Cgals op pad New York toe
Swakopmund se beste stemme gaan volgende jaar hul staal by die Groot Appel wys!
Distinguished Concerts International New York City (DCINY) het onlangs aangekondig Wilna Liebenberg en die Cgals-kamerkoor van Swakopmund word uitgenooi om aan 'n optrede van Zimbe!, deur die komponis en dirigent Alexander L'Estrange, op die DCINY-konsertreeks in New York deel te neem.
Dié uitvoering sal op Vrydag 24 Mei 2019 in die Isaac Stern-ouditorium in Carnegie Hall, onder leiding van L'Estrange plaasvind.
Cgals sal saam met ander koorlede vanoor die wêreld die DCINY-koor vorm.
L'Estrange sal die uitvoering lei en by die voorbereiding betrokke wees.
Dr. Jonathan Griffith, kunsdirekteur en hoofdirigent vir DCINY, sê: "Die Cgals-kamerkoor het hierdie uitnodiging ontvang weens die gehalte en hoë vlak van musikaliteit wat die sangers toon, asook die uitsonderlike gehalte van hul oudisie-opname.
"Dit is 'n eer om na New York uitgenooi te word. Hierdie wonderlike musikante verteenwoordig nie net hoë gehalte musiek en opvoeding nie, maar word ook as ambassadeurs van die hele gemeenskap beskou. Dit is 'n geleentheid van uiterste trots vir almal en verdien die gemeenskap se erkenning en ondersteuning."
Die sangers sal ter voorbereiding van hul konsert vier dae en drie nagte in New York deurbring.
"Hulle sal ongeveer nege tot 10 ure per dag repeteer gedurende hul verblyf van vier dae," het Griffith gesê.
"Nie al die tyd word aan repetisies bestee nie, want daar is soveel geskiedenis en kultuur om in New York te sien. Die uitvoering is egter die hoofdoel van hul besoek aan die stad."
Lede van die publiek word aangemoedig om bydraes te lewer om Cgals in New York te kry.
Vir meer inligting, kontak Karen Miller by [email protected].
BEKROONDE DIRIGENT
L'Estrange is 'n bekroonde Engelse koorkomponis.
Hy het sy opleiding aan die bekende Oxford-universiteit ontvang, en spog met ‘n meestersgraad in musiek.
Sy komposisies spreek van sy agtergrond in die Engelse koortradisie en as professionele jazzpianis en kontrabasspeler.
Sy musiek word as energiek en entoesiasties beskryf.
L'Estrange is veral bekend vir sy werk wat sangers van alle ouderdomme bymekaarbring.
Die eerste hiervan was Zimbe!
Zimbe! het in vyf jaar meer as 150 vertonings wêreldwyd gelewer.
L'Estrange komponeer vir wêreldklas a cappella-groepe, wat insluit The Swingle Singers, Voces8 en The King's Singers.
Vir meer inligting, kontak [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie