Chad le Clos raap goud op
Swem
Marizanne Kok
Die swemmers Chad le Clos en Cameron van der Burgh was Dinsdagaand (SA tyd) die eerste Suid-Afrikaners wat uitdunne by die kortbad-Wêreldkampioenskappe in Windsor, Kanada, kon oorleef.
Le Clos het sy plek in die eindronde van die 200 m-vlinderslag verseker deur die naasbeste tyd van die uitdunne op te stel, terwyl Van der Burgh deurgedring het tot die halfeindronde van die 100-borsslag. Die duo is die enigste supersterre in die Suid-Afrikaanse span van 18 wat hierdie week in Windsor hul staal teen die res van die wêreld moet wys. Hulle was ook die enigste spanlede wat vreugde opgelewer het in die eerste sessie van die kompetisie.
Le Clos se tyd van 1 minuut en 51.23 sekondes in die uitdunne is net oortref deur die 1:51.03 wat die 21-jarige Rus Aleksandr Kharlanov opgestel het.
Sy eindronde, waarin hy die wêreldkroon wat hy in 2014 gewen het, sal verdedig, het gister om 02:00 (SA tyd) plaasgevind. Die 100-borsslag, waarin Van der Burgh om 02:34 in die halfeindronde sal meeding, het meer deelnemers as die 200-vlinderslag, sodat die Pretorianer kon bekostig om min energie in die uitdunne te gebruik.
Agt swemmers was vinniger as sy tyd van 57.78, wat heelwat stadiger as sy sewe jaar oue wêreldrekord van 55.61 is. Van der Burgh se vriend Giulio Zorzi kon met ''n 59.67 net die 39ste beste tyd van die uitdunne swem.
Die eerste Suid-Afrikaner wat Dinsdag op die wegspringblok in Windsor gaan staan het, was die Durbaniet Myles Brown, maar hy het te kort geskiet in sy strewe om vir die eindronde van die 400-vryslag te kwalifiseer.
Aleksandr Krasnykh van Rusland was die vinnigste swemmer met ''n tyd van 3:38.40. Brown se tyd was 3:41.49, wat net die tiende beste tyd was. Die top-8 het deurgedring tot die eindronde. Kaylene Corbett (29ste in die 50-borsslag), Ricky Ellis (31ste in die 100-rugslag), Jarryd Baxter (42ste in die 100-rugslag), Mariella Venter (25ste in die 100-rugslag), Gabi Grobler (40ste in die 100-rugslag), Neil Fair (18de in die 200-wisselslag), Eben Vorster (37ste in die 200-wisselslag) en die manlike 4x100-vryslag-aflosspan (13de uit 17 spanne) kon ook nie die paal haal nie.
Goud vir Le Clos
Die Suid-Afrikaanse swemheld Chad le Clos het gisteroggend (SA tyd) ''n goue medalje by die kortbad-Wêreldkampioenskappe in Windsor, Kanada, verower.
Le Clos was eerste in die 200-vlinderslag in ''n tyd van 1 minuut en 48.76 sekondes.
Hy het met dié oorwinning die wêreldkroon wat hy in 2014 gewen het suksesvol verdedig. Sy landgenoot Cameron van der Burgh was negende in die halfeindronde van die 100-borsslag. Sy tyd van 57.67 sekondes was slegs genoeg om hom boaan die reserwelys te plaas vir die eindronde.- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie