CHAN: Warriors sien kans vir diep kant
Sokker
Championnat d'Afrique des nations de football (CHAN) bied in April vanjaar opnuut die geleentheid vir Afrika se spelers in hul eie land se ligas om hul staal op die groter verhoog ten toon te stel.
Guinee, Tanzanië en Zambië wag as opponente in groep D op die Tafel Lager Brave Warriors wanneer die finale 16 lande na Kameroen opruk om die wenner van die 2020 Total Afrika-Nasieskampioenskap (CHAN) te bepaal.
Dié toernooi aangebied deur die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) sal vanaf 4 tot 25 April in Kameroen se stede Yaounde, Douala en Limbe plaasvind.
Marokko is die verdedigende kampioen, wat in 2018 vir Namibië in die kwarteindstryd uitgeskakel het (2-0). Namibië was in groep B tweede ná Zambië, met sy seges teen Ivoorkus (1-0) en Uganda (1-0) en 'n gelykopuitslag teen Zambië (1-1).
Die Warriors was twee jaar gelede nog deur Ricardo Mannetti as hoofafrigter gebrei. Sedert sy vertrek is Bobby Samaria verlede jaar aan die stuur van die nasionale span geplaas.
Samaria, wat sover gemengde welslae behaal, sê die Warriors sal na Kameroen reis om op hul CHAN-uitslae van 2018 te verbeter.
“Ons gaan om die ander Afrika-lande te wys dat ons baie die afgelope paar jaar geleer het. Die spelers sal hul beste lewer, want dit gaan 'n karaktertoets soos min wees.
“Soos in die verlede tel ons weer nie onder die gunstelinge nie, maar dit was nog altyd oorgenoeg aansporing vir die spelers om vas te byt en hulself te bewys.
“Op sy beste was Namibië nog nooit as 'n ware krag in Afrika beskou nie en die onaktiwiteit van die plaaslike liga plaas ons nog méér op die agtervoet.
“Die Warriors streef daarna om beter as in 2018 te vaar en wil so ver as moontlik in die kampioenskap vorder,” het Samaria gesê.
Zambië was dikwels in die verlede die Warriors se tier. Vanjaar sal Namibië in sy laaste groep D-wedstryd weer teen Chipolopolo (die Koperkoeëls) te staan kom.
“Hopelik het ons reeds vir die semifinale gekwalifiseer voordat ons teen Zambië speel. Guinee en Tanzanië sal harde neute wees om te kraak en ons spelers sal diep moet delf.
“Beide lande het sterk ligas en hulle het al in die verlede sterker gerekende spanne uit kompetisies geboender. Ons sal hulle nie ligtelik opneem nie,” het Samaria sy span se gevoel verwoord.
Dertig Warriors-spelers is sedert 10 Februarie met 'n oefenkamp onder die wakende oog van Samaria en sy tegniese span besig om vir die groot oomblik te slyp. Net 23 spelers sal die toer na Kameroen vir die 2020 Total CHAN-kampioenskap onderneem om Namibië se vlag hoog te laat wapper.- www.NFA.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie