Chani se Sijwa-rok is mode met ’n doel

Opbrengs word teruggeploeg in gemeenskap
Yandi Du Plessis
Namibië se eie Mej. Supranasionaal, Chanique (Chani) Rabe se junior naaldwerkskool en African Monarch Lodges het hande gevat om die Sijwa-rok bekend te stel.

Die rok, beskikbaar in die kleure rooi, bamboes, liggroen (jade) en ivoor, sal eksklusief deur die Sijwa-projek in die hartjie van Kaza – die wêreld se grootste natuurbewaringsgebied – in die noordoostelike Zambezistreek vervaardig word.

Chani het die rok eksklusief vir die Sijwa-projek in April 2021 ontwerp. Dis ’n gemaklike linnerok in ’n skouerbroekstyl. Tydens een van haar besoeke aan haar junior naaldwerkskool, het Chani – toé nog Mej. Supranasionaal Namibië – die senior naaldwerksters stap-vir-stap geleer hoe om die rok te maak en indiepte opleiding oor kleremakery aangebied. Toe dié opleiding afgehandel is, het die vroue die voltooide kledingstukke met trots vir ’n fotosessie gemodelleer. Die Sijwa-naaldwerksters het toe hul eie rokke in ’n helder, vrolike geel gemaak deur die ontwerp van die oorspronklike rooi linne Sijwa-rok te gebruik, wat hulle as “uniform” dra.

Chani het haar naaldwerkskool in Februarie 2021 in samewerking met African Monarch Lodges geopen as deel van die Mej. en Mnr. Supranasionaal se “From the Ground Up”-gemeenskapsinisiatief, wat voetsoolvlakprojekte bevorder wat daarop gemik is om ’n verskil in die deelnemers se onderskeie gemeenskappe te maak. Die doel van Chani se projek is om haar kennis en vaardighede oor te dra om ’n daadwerklike verskil in die Mayuni-bewaringsgebied te maak en die jeug die geleentheid te gee om aan nuwe doelwitte blootgestel te word.

Nadat sy in Augustus 2021 die eerste vrou van Afrika geword het om met die gesogte Mej. Supranasionaal-kroon weg te stap, het Chani belowe om voort te gaan om haar tyd te wy aan die bemagtiging van die jeug van Namibië te bemagtig met haar “From the Ground Up”-inisiatief.

Die Sijwa-rok is beskikbaar op www.africanmonarchlodges.com, sowel as in die curiowinkel van Nambwa Tented Lodge. Dis ook op www.naminami.store, Chanique se aanlyn boetiek beskikbaar. Alle opbrengste word teruggeploeg in die Sijwa-projek en die Mayui-bewaringsgebied, ’n vennoot van die Sijwa-projek en African Monarch Lodges.

FOTO’s
Sy het die senior naaldwerksters stap-vir-stap geleer hoe om die rok te maak.
Chani het die rok eksklusief vir die Sijwa-projek ontwerp. Foto's Facebook (Miss Supranational)
Die Sijwa-naaldwerksters het ook hul eie rokke in ’n helder, vrolike geel gemaak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!