Chaos by grensposte
Francoise Steynberg - Chaos het die naweek by die grensposte van Noordoewer en Ariamsvlei geheers met toeriste wat weggewys is.
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het gisternamiddag aan Republikein bevestig geen buitelandse toeriste kan Namibië via grensposte padlangs binnekom nie.
“Toeriste kan slegs Namibië via die Internasionale Lughawe Hosea Kutako (HKIA) en Walvisbaai-lughawe binnekom,” het Shangula beklemtoon.
Die uitvoerende direkteur van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, mnr. Etienne Maritz, het vroeër gister ‘n vergadering met die ministeries van gesondheid en maatskaplike dienste en die omgewing, bosbou en toerisme gehad.
Hy het ná die vergadering aan Republikein gesê toeriste word nie by die padgrensposte toegelaat nie, “maar dit is ’n aanbeveling van die gesondheidsministerie”.
Die kwessie blyk die padgrensposte het nie voldoende kapasiteit vir toetsfasiliteite nie.
Die Intercape-busdiens in Suid-Afrika het ook gister telefonies aan Republikein bevestig dat die grensposte van Noordoewer en Ariamsvlei gesluit is.
Intussen het 'n toeris wat op 2 Oktober die land met ’n geldige negatiewe Covid-19-toets ingekom het wat op 30 September gedoen is, op sy vyfde dag in Namibië by Outjo volgens die gesondheidsministerie positief getoets.
Volgens mnr. Karl Stumpfe van Ndumo Safaris is ’n Suid-Afrikaanse pa en seun van die toeriste wat Vrydag nog by Noordoewer met ’n Intercape-bus kon deurkom, maar nie sonder drama nie.
Die pa skryf in ’n WhatsApp-boodskap: “Ons nou deur ’n paar oorloë waarvan die Tweede Wêreldoorlog die kleinste was.
“Ry nou al 27 uur met die Sleepliner. Het begin met 60 op die bus nou net 10. In die 7,5 ure by die grenspos en baie baklei, is 30 mense teruggestuur Kaapstad toe.”
Hy sê die ander 20 is onder kwarantyn by Lüderitz en Karasburg geplaas.
“By Mariental jaag die polisie ons in met sirenes en sê daar is vier mense aan boord wie se papiere nie reg is nie. Nadat al die brass van die dorp daar is, stry hulle onder mekaar en laat ons uiteindelik gaan,” skryf die jagter.
Stumpfe het gister gesê hulle het darem uiteindelik veilig in Windhoek aangekom en het gister Katima Mulilo toe gevlieg vir hul jagtog by Ndumo Safaris in die Zambezistreek.
Hy sê hy het baie besprekings van Suid-Afrikaanse jagters, “maar hulle gaan nou maar liewer invlieg”.
Qatar Airways
Nóg ‘n slag het verlede week die toerismebedryf getref toe Qatar Airways hul vlugte na en van Windhoek gekanselleer het.
Intussen het Qatar Airways se hoofwoordvoerder, mnr. Noor Abdulla Jassmi, in ’n mediaverklaring die lugredery se kansellasie van vlugte na Namibië herbevestig.
“Soortgelyk aan ander lugredery wêreldwyd, het die Covid-19-pandemie aansienlike operasionale uitdagings vir Qatar Airways geskep,” het Jassmi gesê.
Hy sê terwyl die lugredery probeer om so veel as moontlik vlugte te bedryf, bly baie roetes kommersieel nie lewensvatbaar nie weens die reuse-afname in die wêreldwye aanvraag na lugreis.
“Ná deeglike oorweging het ons die besluit geneem om die Windhoek-roete vir 2020 op te skort,” het Jassmi verduidelik.
Hy sê alle geraakte passasiers is aanbeveel om alternatiewe reisopsies na ander bestemmings te oorweeg of terugbetaling volgens hul reisbeleid te kry.
“Ons verstaan dit is belangrik vir baie van ons passasiers om toegang tot vlugte te kry. Hersiening duur voort en ons bedoeling is om alle vlugte weer volgens algemene toestande en markaanvraag in te stel,” het Jassmi gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie