Chaos by Hosea Kutako oor kwarantynreël
Verwarring oor die kwarantynmaatreëls vir Namibiërs wat uit Suid-Afrika terugkeer, het gister tot chaos op die lughawe gelei.
Ronelle Rademeyer - Teen druktyd gisteraand het meer as 100 terugkerende Namibiërs verward met hulle bagasie in die hand by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako gewag om te hoor of hulle mag deurbeweeg na die aankomssaal of nie.
Die groep het op drie vlugte van Air Namibia en British Airways uit Johannesburg en Kaapstad na Namibië teruggekeer. Onder hulle was sowat 15 bejaardes.
Dinsdagmiddag is verskerpte maatreëls in die bekamping van die Covid-19-pandemie by Staatshuis aangekondig. Een daarvan is dat Namibiërs en mense met permanente verblyfreg wat uit die buiteland terugkeer huis toe, op eie koste in kwarantyn geplaas sal word.
Die groep wat vroeg gisteroggend op ’n KLM-vlug vanaf lande in Europa en die Verenigde Koninkryk teruggekeer het na Namibië, is direk vanaf die vliegtuig na Namibia Wildlife Resorts (NWR) se oord by Hardapdam geneem. Hulle sal 14 dae in kwarantyn wees. (Sien die berig op bl. 3.)
“Toe ons net net voor drieuur geland het, het die lughawepersoneel gesê ons moet net hier (by die bagasieband) wag, want hulle gaan ons moontlik in kwarantyn sit,” het mnr. John-Louw Mouton (25) om 18:00 gister aan Republikein gesê.
“Ons wag al meer as drie ure en ons weet steeds niks nie. Mense raak ongeduldig. Ons het nie water en kos nie en die mense hier sê vir ons niks nie.”
Mnr. Paul Nakawa, Air Namibia se woordvoerder, het by navraag gesê die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) moet antwoorde verskaf oor die lot van die passasiers.
Mnr. Dan Kamati, woordvoerder van die NAC, het aan Republikein gesê “’n noodtoestand heers en hierdie is ’n Namibiese probleem en nie iets waaroor die NAC kan besluit nie”.
Hy het gesê die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste moet sê waarheen die mense moet gaan.
Dr. Bernhard Haufiku, nasionale koördineerder van die Covid-19-taakspan, het self uitgery lughawe toe, vanwaar hy gesê het hy is in gesprek met belanghebbendes en sal eers later kan sê hoe die situasie hanteer gaan word.
Beide Air Namibia en FlyWestair het gister aangekondig hulle skort al hul oorblywende vlugte op.
Die nasionale redery het gesê hy staak sy binnelandse en streekvlugte vanaf 27 Maart tot 20 April.
Air Namibia se vlugte na Frankfurt in Duitsland is reeds op 14 Maart opgeskort. Die redery het vroeër die week aangekondig hy skaal sy streekvlugte aansienlik af, min wetend hy sal twee dae later genoodsaak wees om sy operasionele bedrywighede te staak.
“Die nuwe verwikkeling is in pas met Namibië se reisbeperkings wat daarop gemik is om die verspreiding van Covid-19 te bekamp,” lui die redery se verklaring.
Air Namibia sê dit sal steeds moontlik wees om spesiale vlugte te reël vir humanitêre hulpverlening, of om farmaseutiese voorrade en ander goedere te vervoer.
Buigbare herbesprekings is moontlik vir passasiers wat reeds vlugte bespreek het en hul reisplanne moet uitstel tot wanneer die situasie in die land na normaal terugkeer, sê Air Namibia.
FlyWestair staak vandag al sy vlugte tussen Eros en Ondangwa. “Die vlugte tussen Eros, Oranjemund en Kaapstad is reeds laat vaar en sal nie hervat voor die globale beperkings op vlugte nie opgeskort is nie,” het Westair Aviation in ’n verklaring gesê.
Dié private redery se uitvoerende hoof, mnr. Henry van Schalkwyk, het gister aan Nampa bevestig dat 60 werknemers se kontrakte in die lig van die Covid-19-krisis beëindig is.
FlyWestair sê in die verklaring hy sal voortgaan om spesiale huurvlugte te doen en gekontrakteerde dienste in Afrika te lewer vir solank as wat dit moontlik is. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie