Chaos in Hongkong oor uitleweringswet
Chaos in Hongkong oor uitleweringswet

Chaos in Hongkong oor uitleweringswet

’n Chaos het Woensdag vroeg in Hongkong se finansiële distrik geheers toe duisende betogers paaie beset het uit protes teen ’n wetsontwerp, ingevolge waarvan verdagtes in strafregtelike sake aan China uitgelewer kan word.

Diegene wat die voorgestelde wet ondersteun, meen dit sal voorkom dat die stad ’n toevlugsoord vir misdadigers word.

Kritici meen egter dat as die wet goedgekeur word, sal die regering in Beijing dit inspan om politieke opponente uitgelewer te kry aan China, waar hul regte nie gewaarborg is nie, berig The Guardian.

Meer as halfmiljoen inwoners het reeds Sondag die strate oor die wetsontwerp ingevaar.

Woensdag het betogers opgeruk na die kantoor van Carrie Lam, Hongkong se uitvoerende leier, wat die wetsontwerp steun.

Ondanks polisiewaarskuwings dat die betogers hul afstand moet hou, het talle die versperrings eenkant toe gedruk en die verkeer tot stilstand gedwing, berig Reuters.

Staatsamptenare wat in die gebied werk, is opdrag gegee om weg te bly.

Die BBC berig dat polisie in onlustedrag die betogers met pepersproei gespuit het en gewaarsku het dat hulle nie sal skroom om geweld teen die betogers te gebruik nie.

Lam het egter aangedui dat sy steeds van plan is om met die wetgewing voort te gaan. ’n Debat wat Woensdag daaroor in die parlement sou plaasvind, is egter intussen uitgestel, aldus The Guardian. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!