Chaos in Okuryangava oor 'kinderontvoering'
Die onluste-polisie het hul hande vol om 'n skare woedende inwoners in Monte Christoweg in Okurynagava te kalmeer.
Chaos het vanoggend (Donderdag) in dié woonbuurt losgebars toe 'n inwoner na bewering 'n kind wat glo sy huis se ruit uitgegooi het, gevange geneem het.
Dieselfde huiseienaar het glo in Junie vanjaar ook 'n kind gevang en van saakbeskadiging beskuldig. Volgens inligting op die toneel moes die kind se ouers eers vir die skade vergoed voordat die eienaar die kind laat gaan het.
Volgena joernalis Tanja Bause wat tans tussen die skare is, gooi hulle klippe na die man se huis terwyl die polisie probeer om die spanning te ontlont.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie