Chaos toe jonges op vulstasie afpyl

Yandi Du Plessis
Drie jong mans wie se name in dié stadium onbekend is, het op 23 Mei om 01:00 'n ongeluk by die Total-vulstasie in Outjo veroorsaak toe hulle teen twee petrolpompe vasgery het. Die pompe is heeltemal uit die grond gery en die voer­tuig, 'n wit sedan, is ook ernstig beskadig. Beserings is aangemeld. 'n Saak van eiendomsbeskadiging sal aanhangig gemaak word sodra die koste van die skade vasgestel is. Die regering het reeds 'n saak van roekelose bestuur aanhangig gemaak. Daar kon nog nie vasgestel word of die bestuurder onder die invloed van alkohol was nie. Die uitslae van bloedtoetse sal binnekort bekend wees. Die ondersoekbeampte het alle navrae na die streekkantoor verwys. Die streekkantoor het gister teen saktyd nog nie op Republikein se vrae gereageer nie. Foto’s verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!