Charles en Camilla se gewildheid taan al hoe meer
Twintig jaar ná die dood van Diana, prinses van Wallis, is sy steeds die immer gewilde prinses van harte – dit terwyl prins Charles al hoe meer ongewild raak.
En daar is net een naam wat steeds teen Charles tel – Camilla, sy tweede vrou en die hertogin van Cornwall.
Die Sunday Express in Brittanje het met 'n nuwe opname wat onder lesers gedoen is, bevind dat 67% van die deelnemers nie wil hê dat Camilla die titel van koningin van Engeland moet kry indien Charles sy ma, koningin Elizabeth, opvolg nie.
Dit is nou diegene wat nog meen dat Charles wel koning sal word. 'n Menigte wil eerder sien dat prins William koning word.
Boonop het 27% van die deelnemers aan die opname gesê hulle dink nou nog minder van prins Charles ná die onlangse uitsending van 'n dokumentêre program oor Diana op Channel 4.
Dit was die eerste keer dat beeldmateriaal van Diana waar sy met haar stemafrigter praat, in Brittanje uitgesaai is.
Prins Charles en Diana se seuns, die prinse William en Harry, se gewildheid neem steeds toe.
Penny Junor, koninklike kenner en skrywer van die boek The Duchess wat 'n paar maande gelede uitgereik is, sê in die Britse dagblad Mirror die publiek het prins Charles nog nie vergewe vir sy mislukte huwelik met Diana nie.
Prins Charles het na Camilla teruggekeer nadat sy en Diana se huwelik verbrokkel het.
Junor meen met die twintigste herdenking van Diana se dood einde Augustus het die anti-Charles-sentiment weer opgevlam.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie