Charles Zandberg oor nuwe boek en ou herinneringe
Lloyd Zandberg – In een van die oudste woonbuurte van Swakopmund in ‘n woonstel voor ‘n koffietafel, met ‘n Pall Mall in sy kwaai-hand, kaalbolyf en ‘n vars beker koffie, sit Charles Zandberg.
Ek kan sien hy is nie op pad êrens heen nie. Sy gemoed is helder en dit lyk of niks hom pla nie. Ek betree die ‘flat’ en maak my keel skoon. Hy nooi my in, waarna sy Thaise vrou uit die kamer geloop kom.
Haar japon is vol kleurvolle orgidees en haar hare is styf bo haar kop vasgemaak. Sy lyk soos ‘n duur stokkielekker.
Charles vryf deur sy deurmekaar baard en druk die sigaret van nounet dood. Sy vrou groet die skrefieson en bring vir my koffie. Hy steek nog een aan, trek diep en blaas die rook woes uit dat dit soos ‘n miswolk bo ons hang. Dan sit hy sy bril op, loer bo-oor die afgedopte raam en sê: “Moes ek ‘n ‘suit’ vir hierdie soort besigheid aantrek?” Hy staan op, loop na ‘n ou leerbank en gryp ‘n jas wat hy definitief nie hier gekoop het nie.
Die ‘good luck’-jas
Charles trek sy jas aan, maak die asbak leeg en gaan sit weer op die bank.
“Nou kan jy vra net wat jy wil. Met hierdie jas het ek al baie reggekry. Ek het hom by ‘n tweedehandse klerewinkel in die suide van Spanje gekoop. Hy het nog net ‘good luck’ gebring.”
Sy vrou verlaat die vertrek en ek begin.
Hy sluk die laaste bietjie koffie af terwyl ek my notaboek uit my leersak haal. My polse is sopnat, hierdie een is van daai oomblikke waarvoor ‘n mens jare wag. Min mense kry die geleentheid om met ‘n persoonlike held te praat.
Só ? mens is mos altyd besig. En waar beter begin jy as by die begin?
Hy maak nog ‘n Pall brand en begin praat oor Omaruru, waar hy al vir sowat 15 jaar woon. “Dit is een van daai plekke wat alles het. ‘n Bank, poskantoor, bakkery, Spar, klomp kerke en ‘n lang hoofstraat. Ander ‘klein’ dorpies in Namibië kort altyd iets – een het ‘n bank, maar dan het hy nie ‘n poskantoor nie. 'n Ander een het weer alles behalwe ‘n petrolstasie.
“Daar kort altyd iets, maar Omaruru laat my dink dat ek in ‘n groot stad bly – sonder die konstante haas. Die dorp se ligging is wat haar vir my so lekker maak. Twee ure van hier kan ek in ‘n ‘mall’ staan, belangrike vergaderings bywoon of vir die koerant ‘n ‘interview’ doen. Twee ure in die teenoorgestelde rigting kan ek onder die sterre slaap en vleisbraai. Wat wil jy dan nou meer hê?”
Klippe speel altyd ? rol
Charles is in Swakopmund vir dié onderhoud asook ‘n vergadering oor nóg ‘n potensiële myn.
Sy werk as geoloog hou hom steeds besig. Dit vereis van hom om op hierdie rype ouderdom nog onder die sterre, tussen slange en in die Namib rond te kerjakker.
“Klippe sal altyd ‘n rol in my lewe speel. ‘n Mens moet eet, slaap, dinge doen en plekke gaan sien. Dit kos geld, baie geld. Dit help nie jy wag vir iets of iemand om jou situasie te verlig nie. Jy moet jou eie ‘hero’ wees.
“Ek is al 45 jaar in hierdie bedryf en ek geniet dit steeds soos aan die heel begin toe ek my eerste klip opgetel het. Behalwe dat dit my genot verskaf, koop dit ook die kaartjies oorsee. En die lekkerste kaaskoek waaraan jy kan dink.
“Deesdae tree ek net as prospekteerder op, nie meer soseer as geoloog nie. Ek verkies dit, alhoewel ek nog geologiese werk doen.”
? Thaise roos
Charles se vrou, Nana, is Thai en behalwe dat sy mooier as ‘n roos is, is sy heel moontlik die gaafste persoon wat ek nog ontmoet het. Haar wese straal van blydskap en haar nederigheid is aansteeklik. As ek ooit vir Oprah kan ontmoet, hoop ek sy is soos Nana.
“Jy weet, sy hou my mak. Haar naïwiteit is diep mooi. Haar manier van dink inspireer my. Ek wonder baie keer waar ek sou wees as dit nie vir haar was nie. Tien teen een waar ek nou is, maar met baie meer sorge. Ons is al ses jaar in mekaar se lewens. Sy glo dit was my tweede geboorte. Ek eers onlangs begin verstaan wat sy daarmee bedoel het.”
As Charles sy mond oopmaak, is dit “poetry”. My notaboek lyk soos ‘n graad twee-tekenprent soos ek skarrel om alles neer te skryf wat hy sê. Ek kan nie byhou nie, maar toe onthou ek wat my ma eens vir my gesê het: Wanneer jy iets mooi lees of hoor, sal jy dit nooit vergeet nie. Al wil jy.
Nana bied vir my nog koffie aan terwyl sy Charles se baard en hare vir die dag regruk.
“Jy moet nou foto’s van my neem. Ek lyk nie elke dag so aan die kant nie,” sê Charles, terwyl die son deur die gordyn breek en die skadu ‘n driehoek op sy linkerwang vorm. My tweede koffie land, ek en hy gesels oor sy skryfwerk.
Charles het dusver reeds vyf digbundels gepubliseer en is tans besig met sy nuutste een. Die titel, Tyd Toiings, is baie opvallend en ek wil meer weet oor die oorsprong.
“Alles is tyd en tyd is alles. Die hele lewe is soos ‘n mat. In die begin is ‘n mens se mat heel. En soos jou lewe aangaan, toiing die tyd hom uit. Want tyd is die oorsaak van alles.” Ek is onmiddellik geboei.
Ek vra oor die inhoud en of daar ‘n algehele tema is. Hy skuif vorentoe en tel die proefeksemplaar op wat voor hom op die koffietafel lê. Hy sê Tyd Toiings is ‘n versameling verse wat handel oor die lewe, die dood en alles tussenin, “maar hier is een spesifieke ‘poem’ hier binne wat dit makliker sal verduidelik" .
“Dit is hoekom ek ‘poetry’ so ‘like’. Daar is geen ander medium waarin ‘n mens met sulke min woorde so baie kan sê nie.”
Hy lees die titelgedig voor en ek kry hoendervleis. Die woorde en die manier waarop hy dit lees, het my in vervoering. Ek vra of hy dit weer sal lees, want my brein probeer nog om die eerste deel te begryp.
Tyd Toiings
Kyk hoe toiing
die tyd
die lewe – soos rafels
van raaisels
stringe en stringe
ou naelstringe
slierte in die gewondewind
(wat erens in die kraaines van tyd
rus moet vind)
uit ons uit.
Dit is vir my duidelik dat Charles hierdie boek vanuit ‘n ‘emosionele plek’ geskryf het. Ek vra waaruit hy inspirasie put om sulke besonderse verse te skryf.
Hy sê hy en sy vrou besoek Thailand op ‘n gereelde basis. Hoofsaaklik omdat Nana se familie almal daar bly, maar ook omdat hy aanklank by die land vind.
Charles was in 1985 vir die eerste keer in Thailand en toe al het die plek, die mense en hul leefstyl by hom ‘n saadjie geplant. “Die Boeddhistiese ideologie interesseer my vreeslik. Alles wat hulle doen, dwaal om realisme. Hulle hele beweging is realisme en dit is waarop ek my lewe baseer. Die nuwe verse lê klem daarop.
“Jy weet, mense probeer hard om die wreedheid van die realisme te vermom en ek dink dit is hoekom die wêreld lyk soos wat hy lyk.”
Charles was onlangs weer in Thailand gewees en een van sy hartsvriende, wat al jare in Bangkok woon, het tydens sy besoek tragies gesterf. Die begrafnis is volgens die Boeddhistiese ideologie gedoen en dit was ‘n eerste vir hom.
“Ek het nie regtig geweet die ervaring my so sou beïnvloed nie. Ek kou al vir sewe maande aan daardie dag. Om ‘n goeie vriend se lyk voor jou te sien, kan nie maklik vir enige mens wees nie.
“Die Thaise tradisie vereis van die naaste vriende en familie om die lyk fisies self in die verassingsoond te plaas. Hulle wil seker maak ‘n mens verwerk die werklikheid.
“Voor jou, in jou, om jou. Geen versagting. Die begrafnis het die wreedheid van die waarheid bevestig. Ek het dié boek voor daardie ervaring geskryf. En toe eers maak alles wat ek dig en vermoed ná daardie dag vir my sin.”
Vandag is Thailand die boom vanwaar hy gereeld inspirasie pluk.
Woorde is verleggings
Charles staan op, loop deur die rookwolk tot by die voordeur.
Hy haal sy karsleutel uit sy jas en sluit die kar oop, waar hy vir ‘n goeie vyf minute lank skarrel. Ek probeer al my notas agtermekaar kry. Hierdie is my oomblik.
Charles kom sit weer. Ons gesels verder oor die nuwe boek. Ek wonder altyd of digters ‘n gunsteling gedig kan hê. Ek het al gehoor hulle sê elke vers is soos jou kind, maar hoe kan jy ‘n gunsteling kind hê?
“Ek het nie eintlik een vers wat ek as ? gunsteling sal beskou nie. My woorde is verleggings van my. ‘n Mens kan nie alles van jouself ‘like’ nie, maar jy kan ook nie alles haat nie. Dit hang van jou emosies, ligging en situasies af.”
Die grootste voordeel daarvan om met Charles te praat (en mense wat hom ken, sal dit weet); hy praat vinnig en hy praat klaar. Nes sy ‘poetry’.
Die loodregson en die reuke van Nana se kos wat uit die kombuis kom, laat my besef dat ek al baie langer praat as wat ek beplan het. Charles vra of ek wil aansit vir ete.
“Ek ‘like’ Thaise kos erg baie. Veral as ek dit in die middel van die Namibwoestyn eet. Stel jou voor jy verorber een of ander Thaise dis terwyl die son sak en die Brandberg agter jou bloedrooi gloei.
“Dis oomblikke soos daai wat my aan die gang hou. As ek en sy in die veld is en heeldag aan klippe kap, maak sy vir ons die heerlikste kos. Ek moet myself gereeld herinner dat ek in Namibië is en nie in die strate van Bangkok nie.”
Charles bedank Nana vir die kos en gaan sit weer op die bank. Dis toe dat ek besef dat ek hierdie ervaring vir ewig gaan onthou. Ek wil meer met sulke mense meng.
En ek gaan.
Behalwe dat dit ‘n voorreg was om met hom te kon gesels, is die feit dat ek hom ook my oupa kan noem, my grootste seën.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie