• Tuisblad
  • Sake
  • Checkers verkoop genoeg Oros vir ’n swembad
Checkers verkoop genoeg Oros vir u2019n swembad
Checkers verkoop genoeg Oros vir u2019n swembad

Checkers verkoop genoeg Oros vir ’n swembad

Nellie Brand-Jonker – Die winkels van Shoprite, Checkers en Checkers Hyper het 144 klante per sekonde op Swart Vrydag bedien.

Die eerste terugvoer wat instroom oor Swart Vrydag toon reusagtige hoeveelhede produkte is verkoop, nie net in fisieke winkels nie, maar aanlyn ook.

Die Shoprite-groep sê by navraag dit was ’n rekord-handelsdag gegewe dat vanjaar se Swart Vrydag ’n week later en ná die betalings van salarisse plaasgevind het.

Die winkels het besparinge van tot 50% op produkte gegee.

Die Shoprite-groep het gesê die gewildste artikels in sy winkels was dié met die grootste afslag, soos 2 kg-Omo; 2 liter-Oros en 1 liter-Ultramel-vla, asook die pakke van 18 rolle Baby Soft-tweelaag-toiletpapier; 200 g-Jacobs-kitskoffie en 1,5 liter-Coke.

So het die produkte verkoop:

· Op Swart Vrydag het Shoprite genoeg Omo-waspoeier verkoop om meer as 11 miljoen keer wasgoed te was.

· Checkers het genoeg Oros verkoop om ’n hele Olimpiese grootte swembad vol te maak.

Volgens Game was promosies op koeldrank baie gewild.

Ook sy Camp Master-koelhouer van 26 liter, wat teen R99 verkoop het, was baie gewild.

Game het verlede week gesê produkte met meer as R200 miljoen se waarde in promosies het op Swart Vrydag verkoop. Dit is dubbeld wat verwag is.

Dié winkelgroep wou nie spesifieke vrae oor die aantal produkte wat verkoop is, beantwoord nie.

“Die jaar se grootste verkopers was TV’s, yskaste en groot verbruikstoestelle.”

Volgens DPO South Africa, Suid-Afrika se grootste verskaffer van betalingsdienste, het die transaksies op Swart Vrydag 400% gespring vergeleke met ’n gemiddelde handelsdag.

DPO sluit in betalingstelsels soos PayGate, PayFast en SiD Secure EFT.

Volgens Peter Harvey, besturende direkteur van die DPO-groep, het transaksie van Swart Vrydag tot Kuber-Maandag met 35% jaar tot jaar gestyg.

Dié syfers is vir aanlyn winkels wat van sy betalingstelsel gebruik maak.

Die webwerf waar mense pryse kan vergelyk, PriceCheck, het gesê ’n verhoging van sowat 300% is beleef in hoeveel mense die webwerf op Swart Vrydag gebruik het vergeleke met voor dit.

PriceCheck se ander syfers lyk as volg:

· ’n Verhoging van 20% is jaar tot jaar op Swart Vrydag in gebruikers beleef.

· 36% meer soektogte vergeleke met ’n jaar gelede.

· 55% van die gebruikers was vroue.

Volgens Chloe Lötter, uitvoerende hoof van PriceCheck, was die produkte waarna die meeste gesoek is handelsnaam-tekkies gevolg deur lugreëling en dan elektroniese produkte vir tuisvermaak. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!