Cheddarkaas-en-sampioen-aartappelgebak
Bestanddele
• 8 middelslag-aartappels, ongeskil
• 15 ml olyfolie
• 500 g wit sampioene, in skywe gesny
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 55g(60 ml) botter
• 35g(60 ml) koekmeel
• 400 ml melk
• 250 ml room
• 180 g cheddarkaas, gerasper
• 80g droë broodkrummels
• 25g (30 ml) botter
Metode
Verhit oond tot 180 °C. Plaas aartappels in ’n groot kastrol en bedek met water. Bring water tot kookpunt en kook aartappels tot net sag. Dreineer in ’n vergiettes en laat effens afkoel. Trek skille af en hou aartappels eenkant. Verhit olyfolie in ’n pan en braai sampioene tot net gaar. Geur met sout en peper. Hou sampioene eenkant. Smelt die 55 g botter in ’n kastrol. Voeg meel by en roer tot gladde pasta vorm. Voeg melk bietjiesgewys by en roer deurentyd tot glad. Voeg room by en meng goed. Roer deurentyd tot dik sous vorm. Geur met sout en peper en voeg ¾ van die gerasperde kaas by. Meng goed. Sny gaar aartappels in dun skywe. Gooi ’n dun lagie van die kaassous in twee diep emaljeborde. Pak ’n laag aartappels en ’n laag sampioene bo-op. Gooi nog sous bo-oor en herhaal lae nog ’n keer. Sprinkel res van kaas bo-op. Sprinkel broodkrummels oor en stip die 25 g botter bo-op. Oondbak 40 minute in warm oond. Sit warm voor. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie