Cheetah Cement ondergaan streng gehaltetoetsing
Ogone Tlhage - Die Chinees-gesteunde sementfabriek Whale Rock Cement is besig met akkreditering en sal wanneer die proses afgehandel is, in dieselfde liga as groot vervaardigers soos Ohorongo Cement wees.
Só sê mnr. Zedekias Gowaseb, voorsitter van Whale Rock Cement. Sement word hier onder die handelsnaam Cheetah Cement vervaardig.
Dié sement spog nog nie met die gehalteseël van die Namibië Instituut vir Standaarde (NSI) of die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) wat aantoon dat dit aan streng gehaltetoetse onderwerp is nie.
“Die NSI en die SABS doen tans die gehalte-oudit. Die toetse sal nog 45 werksdae duur. Ons kan daarom eers die inligting daarna bekend maak,” het Gowaseb gesê.
Hoewel die stempel van goedkeuring nog kort, sê plaaslike kontrakteurs en steenmakers wat dit gebruik, dit is 'n goeie produk, volgens Gowaseb.
'KLINKER VAN EGIPTE'
Hy sê voorts die oorsprong van die klinker wat gebruik word, is 'n welbekende feit.
“Die klinker wat ons ingevoer het, was van Egipte afkomstig – dit is geen geheim nie.”
Gowaseb sê die grondstowwe daarvoor word nou ook plaaslik aangekoop.
Klinker is 'n donkergrys, nodulêre materiaal wat van kalksteen en klei gemaak word.
“Vanaf Desember 2018 produseer ons ook klinker met grondstowwe afkomstig van die Whale Rock-myn,” sê Gowaseb.
Die mynkommissaris, mnr. Erasmus Shivolo, het by navraag bevestig dié myn word wettig bedryf.
“Natuurlik, daarom kan hulle wettig myn,” was sy antwoord toe hy hieroor gevra is.
Die Chinese sementvervaardiger is voornemens om Cheetah Cement na verskeie lande uit te voer, sê Gowaseb.
“Ons kyk na die Suider-Afrikaanse mark en wil na Mosambiek, die Kongo en die Ivoorkus uitbrei.” Hy sê hul uitvoerplanne word gerugsteun deur die goeie ontvangs van die produk in die plaaslike mark. Whale Rock Cement se produksie beloop 1,2 miljoen ton per jaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie