Cheika glo Wallabies kan All Blacks klop
Rugby
Die Wallabies se breier, Michael Cheika, glo dit sit in sy span se broeke om die All Blacks te klop, ondanks Saterdag se sukkelsege oor Italië in Brisbane.
“As ek nie in die spelers glo nie, wat bly oor? Ons móét die ambisie hê. Ek glo dit en dis waar dit móét begin,” het Cheika gesê nadat Australië 'n sege van 40-27 behaal het.
“Ek blameer nie mense wat anders dink op grond van ons Superrugby-spanne se vertonings en die Wallabies se vertonings nie. Ek kan hulle nie blameer vir 'n gebrek aan geloof in ons nie. Ons moet op die veld wys wat in ons steek en sal ook.”
Hy het toegegee dat Nieu-Seeland weer indrukwekkend was in die afgelope Saterdag se sege van 30-15 oor die Britse en Ierse Leeus.
“Die All Blacks speel etlike jare lank al goeie rugby. Hulle het nie veel swakpunte nie. Ons sal 'n manier moet vind om druk op die All Blacks te plaas wanneer ons teen hulle speel,” sê Cheika.
Karmichael Hunt, die Wallabies se binnesenter, het ná die wedstryd teen Italië gemaan dat die Australiërs lelik in die stof sal byt as hulle 'n soortgelyke vertoning teen die All Blacks lewer.
Australië was met agt minute oor net met 28-27 voor en het danksy twee drieë in die laaste vyf minute met 40-27 geseëvier.
Hy het bygevoeg dat die Wallabies hoogs gemotiveerd sal wees vir 'n kragmeting met die All Blacks.
“Daar is geen beter motivering as om teen die All Blacks te speel nie. Nieu-Seeland rugby is sterk en met al hul beste spelers in All Black-truie, sal hulle moeilik wees om te klop,” sê Hunt.
SWART GETY SPOEL OOR LEEUS
Dit was die rugbytoets waarvoor die wêreld asem opgehou het en die All Blacks teen die Britse en Ierse Leeus het nie teleurgestel nie.
Op die ou end was die All Blacks met 30-15 baas. Die telbord was 'n goeie aanduiding van hul heerskappy in die tweede helfte, met die Leeus se energie wat getap was deur al die duikslae wat hulle moes uitvoer.
Nietemin het die toeriste goeie rekenskap van hulself gegee. Hulle het die All Blacks by tye onder groot druk gehad, maar 'n handvol kanse is verspeel.
Die Leeus het ook die drie van die wedstryd gedruk met die flank Sean O'Brien wat afgerond het ná 'n briljante teenaanval wat deur Liam Williamsuit sy kwartgebied geloods was.
Williams se brouwerk onder die hoë bal het egter ook in die tweede helfte vir die Leeus se doodskoot gesorg, met Rieko Ioane wat gevolglik sy tweede drie kon druk.
Ioane se eerste drie in die 55ste minuut was die keerpunt van dié kragmeting.
Die All Blacks het op 13-8 nog gespook om heerskappy, maar het die Leeus met 'n puik skrum op die agtervoet gedwing voordat Ioane in die hoek afgerond het. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie