Chelsi bekoor in unieke kostuum
Die Mej. Namibië-organisasie het gister die kostuum onthul wat Chelsi Shikongo op 12 Desember sal dra wanneer sy die land by die Mej. Heelal-skoonheidskompetisie in Israel verteenwoordig. Die kostuum – genaamd “Child of Salt and Soil” – is deur Chelsi se tuisdorp, Walvisbaai, geïnspireer. “Haar nasionale kostuum is 'n ode aan die pragtige skakerings van Walvisbaai se pienk soutpanne en geliefde flaminke,” het die organisasie verduidelik. Deur die detail van die “soutkristalle”; sjiffonmateriaalstroke om die water van die panne voor te stel en die fyn detail van die tradisionele Ovambo-tekstiel – 'n pienk gestreepte katoenmateriaal – wat verwys na Chelsi se erfenis, "beliggaam hierdie kostuum Namibië se kultuur, natuur, infrastruktuur en hardwerkende mense". Die skeppingsproses het ses mense glo meer as 150 uur geneem. Die kostuumontwerpers is The Snow White Project, Bettina Thomas, Anna Ward Shilongo, Synedgy en Jolene Visser. Foto Paolo Schneider
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie