Chemiese inspekteurs mag nou toneel in Siriu00eb bekyk
Chemiese inspekteurs mag nou toneel in Siriu00eb bekyk

Chemiese inspekteurs mag nou toneel in Sirië bekyk

Ná dae se gewag het die Assad-bewind uiteindelik toestemming gegee dat internasionale deskundiges die toneel van die vermeende chemiese aanval kan besoek.
Chemiesewapeninspekteurs in Sirië sal toegelaat word om Woensdag die toneel van ’n beweerde chemiese aanval te besoek, het Rusland bekend gemaak.

Dié internasionale span is al van Saterdag af in die land, maar is nie toegelaat om die dorp van Douma, naby Damaskus, te besoek waar die aanval glo plaasgevind het nie, berig BBC News.

Sedert die aanval op 7 April het Amerika, Brittanje en Frankryk sekere staatsgeboue in Sirië geteiken met aanvalle van hul eie.

Sirië en sy bondgenoot Rusland ontken egter dat enige chemiese aanval plaasgevind het, met Rusland wat sê dit is “nageboots”.

Siriese staatsmedia het vroeg Dinsdag gesê die land se lugverdedigings het gereageer op ’n missielaanval oor die westelike stad van Homs, wat glo die Sjairat-lugbasis geteiken het.

Die burgermag Hezbollah het ook aangedui dat drie missiele afgeskiet is wat die Al-Doemaïr Militêre Lughawe, noordoos van Damaskus, geteiken het.

’n Pentagon-woordvoerder het egter aan Reuters aangedui dat “daar geen US militêre operasies in die gebiede plaasvind nie”.

Ondersoekers van die Organisasie vir die Verbod op Chemiese Wapens (OPCW) is in die hoofstad Damaskus, maar wag om met hul inspeksie te kan begin. Indien hulle Woensdag by die toneel aankom, sal dit 11 dae sedert die aanval wees. Hulle sal na verwagting monsters van die grond en elders neem om vas te stel of chemiese stowwe gebruik is, berig die BBC.

Die Amerikaanse gesant aan die OPCW het egter kommer uitgespreek dat Russe die toneel besoek en “daarmee kon peuter” om die ondersoek te belemmer.

Dit was in reaksie op die vermoedelike aanval met chloor- en sarongas in Douma waar 40 mense glo dood is.

Sergei Lawrof, Russiese minister van buitelandse sake, het in ’n onderhoud gewaarborg dat die land nie met die toneel gepeuter het nie.

Volgens Lawrof is Amerika, Brittanje en Frankryk se bewyse slegs gegrond op die media en sosiale media, terwyl sulke bewyse “nageboots is”.

Hy is een van talle ander wat die drie lande kritiseer oor die aanvalle op Sirië voordat die OPCW sy ondersoek kon afhandel.

Rusland en die drie Westerse magte het mekaar in “gespanne noodvergaderings” van die OPCW in Den Haag aangevat terwyl die inspekteurs voorberei op ’n moeilike en gevaarlike opdrag, berig The Guardian.

Die geboue wat die Westerse magte die naweek geteiken het, was glo grootliks leeg en is na bewering gebruik om chemiese wapens te berg en vervaardig.

Dit was in reaksie op die vermoedelike aanval met chloor- en sarongas in Douma waar 40 mense glo dood is. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!