• Tuisblad
  • Afrika
  • Chibok-meisies: Meer as 100 'wil nie Boko Haram los'
Chibok-meisies: Meer as 100 'wil nie Boko Haram los'
Chibok-meisies: Meer as 100 'wil nie Boko Haram los'

Chibok-meisies: Meer as 100 'wil nie Boko Haram los'

Onduidelikheid heers oor die lot van die oorblywende Chibok-skoolmeisies wat deur Boko Haram in die noorde van Nigerië gyselaar gehou word.
Estelle de Bruyn
Nigerië se regering onderhandel vir die vrylating van nog 83 van die Chibok-skoolmeisieswat twee en 'n half jaar gelede deur Boko Haram Islamitiese ekstremiste ontvoer is.

Meer as 100 van die res is oënskynlik onwillig om hul ontvoerders te verlaat, het 'n gemeenskapsleier gesê.

Die vermoede bestaan dat die onwillige meisies deur Boko Haram geradikaliseer is of skaam is om terug te keer huis toe omdat hulle gedwing is om met ekstremiste te trou en babas te hê, het die voorsitter van die Chibok-ontwikkelingsvereniging, Pogu Bitrus, aan Asso­ciated Press gesê.

Bitrus sê die 21 Chibok-meisies wat verlede week in die eerste onderhandelde ooreenkoms tussen Boko Haram en die Nigeriese regering vrygelaat is, moet hul opvoeding in die buiteland kry omdat hulle waarskynlik in Nigerië gestigmatiseer sal word. Van die 276 meisies wat in April 2014 uit Chibok ontvoer is, het dosyne vroeg reeds ontsnap en minstens ses is dood tydens hul aanhouding, het van die bevryde meisies gesê.

Bitrus sê die meisies wat vroeg ontsnap het, het almal Chibok verlaat omdat hulle as “Boko Haram-vrouens” gebrandmerk is, al was hulle net enkele ure in aanhouding.

Minstens 20 van die meisies gaan nou in Amerika skool.

Die bevryde meisies het aan hul ouers vertel dat Boko Haram hulle, kort ná die ontvoering, die keuse gegee het om hulle by die ekstremiste aan te sluit en die Islamitiese geloof aan te neem, of hul slawe te word. Die meisies is toe in twee groepe verdeel. Blykbaar het 104 Islam en Boko Haram verwerp. Die bevryde meisies sê hulle het nooit weer die ander groep gesien nie.

Bitrus sê die bevryde meisies het as huiswerkers en portiere gewerk en hulle is nie seksueel gemolesteer nie. 'n Noodwerker het egter aan AP gesê hy het gesien dat drie van die bevryde meisies swanger is.

Chibok is 'n klein en konserwatiewe Christen-enklawe in die hoofsaaklik Moslem-noorde van Nigerië, waar baie ouers betrokke is by die vertaling van die Bybel in plaaslike tale.

Die Nigeriese regering het berigte ontken dat die meisies geruil is vir vier Boko Haram-bevelvoerders wat in aanhouding was of dat 'n losprys betaal is. 

- Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!