Chicago wil Trump hof toe vat
Die administrasie van pres. Donald Trump dreig nou om strafmaatreëls in te stel teen stede wat aan onwettige immigrante 'n toevlug bied.
Die stad Chicago wil die Trump-administrasie dagvaar oor dreigemente om die veiligheidstoelae van stede wat toevlugsoorde vir immigrante is, te weerhou.
Die dagvaarding volg in reaksie op strenger stappe van die federale regering teen immigrante.
Die Amerikaanse prokureur-generaal, Jeff Sessions, het aangekondig die Amerikaanse department van justisie sal sekere toelae aan die stede terughou.
Dit tensy hulle onbeperkte toegang tot plaaslike tronke aan immigrasieowerhede gee.
Die department eis ook dat hy 48 uur kennis kry voordat die stad iemand vrylaat wat die Wet op Immigrasie oortree het.
“Chigaco sal nie toelaat dat ons polisielede pionne in 'n politieke debat word nie,” het Rahm Emanuel, burgemeester van Chicago, gesê.
“Die inwoners van Chicago se regte sal nie geskend word nie.
“En die stad sal nie sy status prysgee as 'n stad wat immigrante verwelkom nie.”
Die toelae, wat deel is van die Edward Byrne Memorial Justice Assistance Grants, word aan honderde stede in Amerika betaal.
Chicago is gereeld in Trump se visier omdat die stad so 'n hoë moordsyfer het.
Die stad sal na verwagting US$3,2 miljoen (sowat R43 miljoen) ontvang wat meestal gebruik sal word om polisievoertuie te koop.
Trump en Sessions het beloof dat die federale regering streng teen onwettige immigrante sal optree en het gedreig om stede wat onwettige immigrante huisves, te straf.
Talle stede, soos New York, Los Angeles en Chicago, vorm deel van 'n sogenaamde toevlugsoordbeweging teen die federale regering.
Chicago wil betoog dat die Amerikaanse regering nie munisipale wetstoepassers kan opkommandeer om federale immigrasiewetgewing af te dwing nie, het Ed Siske, 'n prokureur van die stad, gesê.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie