China kap terug
China kap terug

China kap terug

In antwoord op heffings wat vroeër deur pres. Donald Trump van Amerika op staal en aluminium-invoere ingestel is, het China sy stem dik gemaak.
Die Chinese regering gaan invoertariewe op 128 produkte hef wat uit die VSA ingevoer word.

The People’s Daily berig China gaan tariewe hef op produkte van wyn tot lemoene om “verliese te balanseer”.

Dit volg nadat die VSA enorme invoertariewe op die invoer van staal en aluminium begin hef het.

Die Chinese regering gaan tariewe van tot 25% op invoer ter waarde van sowat $3 miljard op Amerikaanse goedere hef.

Die VSA het wel lande soos Kanada en Suid-Korea van die invoertariewe op staal en aluminium vrygestel, maar nie China nie.

Die tariewe wat China nou gaan hef word as beskeie beskryf.

Dit word egter gesien as ’n waarskuwing aan die VSA wat dié week ’n lys van hoëtegnologieprodukte wat van China ingevoer word en waarop hy nuwe tariewe wil hef bekend gaan maak.

“China hou nie van handelsoorloë nie. Maar om die reg aan hul kant te hou het China geen keuse as om ’n oorlog te begin juis om ’n oorlog tot ’n einde te bring nie,” sê Wang Hailou, navorser by die Chinese departement van handel se navorsingsinstituut.

China het herhaaldelik gesê hy is nie bang om ’n handelsoorlog met die VSA te begin nie, maar hy het die VSA ook aangemoedig om eerder te onderhandel en hul geskille op te los.

“Dit sal tot voordeel van almal wees as die VSA China se vriendelike benadering aanvaar,” berig The People’s Daily in ’n meningstuk. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!