China kap terug met tariewe teen VSA
China het bykans onmiddellik aangekondig hy gaan tariewe van tussen 5% en 10% hef op goedere wat van Amerika af ingevoer word.
Die handelsoorlog tussen die VSA en China het vererger nadat China aangekondig het dat hy tariewe op $60 miljard se Amerikaanse goedere gaan hef.
Dit kom nadat pres. Donald Trump Maandag aangekondig het ’n tarief van 10% gaan vanaf 24 September op $200 miljard se Chinese goedere gehef word.
Hy beplan om dié tarief in Januarie tot 25% te verhoog sou China nie bereid wees om handelstoegewings te maak nie.
China het bykans onmiddellik aangekondig hy gaan tariewe van tussen 5% en 10% hef op goedere, van koring tot tekstiele, wat van Amerika ingevoer word.
Daar is glo, ondanks die nuutste verwikkelinge, steeds ’n kans dat die partye ’n handelsooreenkoms kan bereik.
Die Chinese regering is volgens die land se tesourie steeds gewillig om te onderhandel.
Kevin Hassett, voorsitter van Trump se raad van ekonomiese raadgewers, sê hy verwag dat gesprekke tussen die twee lande nog kan plaasvind.
Nog nie een van die lande se regerings het egter al amptelik bevestig hulle gaan onderhandel nie.
Dit kom nadat Steven Mnuchin, die Amerikaanse minister van handel, sy Chinese eweknie vroeër in September vir onderhandelinge genooi het.
“Ek hoop gesprekke kan volgende week begin,” het Hassett Dinsdag in ’n onderhoud met die TV-kanaal MSNBC gesê.
“Ek het nie gehoor dat hulle dit gekanselleer het nie.”
Dit lyk egter of dit nog lank kan neem voordat die twee lande tot ’n vergelyk gaan kom.
Trump het Maandag gesê die VSA sal onmiddellik bykomende tariewe op $267 miljard se Chinese goedere hef sou Beijing stappe teen Amerikaanse boere en nywerhede doen.
.....China has been taking advantage of the United States on Trade for many years. They also know that I am the one that knows how to stop it. There will be great and fast economic retaliation against China if our farmers, ranchers and/or industrial workers are targeted!
— Donald J. Trump (@realDonaldTrump) September 18, 2018
Sou dié tariewe ingestel word, sal dit beteken bykans alle goedere uit China – wat sowat $505 miljard in 2017 beloop het – sal aan tariewe onderhewig wees.
Trump het Dinsdag gesê hy sal strafmaatreëls teen China instel as hy tariewe op sekere Amerikaanse landbouprodukte hef.
“China het erken dat hy met voorbedagte rade probeer het om ons verkiesing te beïnvloed deur ons boere en nywerhede aan te val omdat hulle lojaal is teenoor my,” sê Trump in ’n twiet.
“Wat China nie verstaan nie, is dat hierdie mense wonderlike patriotte is.” – Bloomberg, verwerk
China has openly stated that they are actively trying to impact and change our election by attacking our farmers, ranchers and industrial workers because of their loyalty to me. What China does not understand is that these people are great patriots and fully understand that.....
— Donald J. Trump (@realDonaldTrump) September 18, 2018 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie