China koop Mosambiek se gas
Francois Williams – China gaan van Mosambiek se reuse-hulpbronne van aardgas koop.
Die Amerikaanse onafhanklike olie- en gasmaatskappy Anadarko het Vrydag in Houston, Texas, aangekondig sy bemarkingsfirma Mozambique LNG1 het ’n kontrak met die Chinese staatsenergiegroep CNOOC gesluit vir die verkoop van 1,5 miljoen ton se gas per jaar aan China.
Die kontrak duur vir 13 jaar.
PetroSA se gas-tot-brandstofaanleg het wel dringend nuwe aardgasbronne nodig.
Anadarko en die Italiaanse energiegroep Eni het in die vroeë 2000’s die groot ontdekkings van nuwe aardgasbronne aan die Mosambiekse noordkus gemaak.
Anadarko het van 2010 tot 2013 gereeld nuwe ontdekkings bekend gemaak, en werk nou aan die bou van Mosambiekse eerste vloeibare-aardgasaanleg op land, van waar die aardgas van die Golfinho- en Atum-gasvelde bemark sal word.
Die aanleg sal 12,88 miljoen ton gas per jaar verwerk, wat impliseer dat China meer as 11,6% van die aanleg se beskikbare vermoë sal opneem.
Anadarko word onafhanklik genoem omdat dit een van die kleiner olie-eksplorasiemaatskappye is vergeleke met die internasionale reuse soos BP, Shell, Chevron of Exxon. Dié kleiner maatskappye kan gewoonlik vinniger beweeg, nuwe geleenthede aangryp en risiko’s waag waarvoor die groter oliereuse nie kans sien nie.
CNOOC is China se grootste invoerder van vloeibare aardgas. Mitch Ingram, uitvoerende visepresident vir internasionale diepsee-eksplorasie by Anadarko, sê die kontrak gee China toegang tot Mosambiek se wêreldgehalte aardgas wat strategies aan die Ooskus van Afrika geleë is.
Die aardgasbronne is sowat 40 km van die Mosambiekse kus in water van sowat 1,6 km diep.
Anadarko het in Junie 2018 ’n langtermynkontrak met Toyo Gas van Japan en Centrica LNG gesluit vir die lewering van 2,6 miljoen ton se aardgas per jaar tot en met die vroeë 2040’s, en in Februarie is ’n kontrak met die Franse kragmaatskappy EDF gesluit vir die verkoop van 1,2 miljoen ton gas per jaar vir 15 jaar.
SA se gasplan
Energiekenners het al dikwels gesê Suid-Afrika behoort vinniger te beweeg om betrokke te raak by die ontwikkeling van Mosambiek se reuse-gasvondse.
Sasol het ’n bestaande pypleiding van die Pande- en Temane-gasvelde op land in Mosambiek na Suid-Afrika wat aardgas na sy Secunda-aanleg en kleiner nywerheidsgebruikers lei, maar die gasinfrastruktuur in Suid-Afrika is nog beperk. Die departement van energie het ’n gasbenuttingsmeesterplan ontwikkel.
Die regering wil eers seker maak daar is vraag van nywerhede en byvoorbeeld gas-kragstasies om in infrastruktuur vir die invoer van aardgas te belê.
PetroSA by Mosselbaai het egter dringend nuwe gasbronne nodig om sy gas-tot-brandstofaanleg aan die lewe te hou want sy gasveld aan die Suid-Kaapse kus is bykans uitgeput.
Anadarko is self in die baie vroeë stadium van eksplorasie in ’n gebied in die diepsee aan suidwes van Kaapstad. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie