China: Oorlog oor handel by gevaarlike punt
Trump het Sondag getwiet hy beoog om tariewe op sowat US$200 miljard dollar se Chinese goedere van 10% tot 25% te verhoog.
William Horne
China is vol vertroue dat hy steeds teen Vrydag, of kort daarna, 'n handelsooreenkoms met die “rasioneel waansinnige” pres. Donald Trump van die VSA sal kan sluit ten spyte van 'n volskaalse handelsoorlog wat dreig.
So meen Li Daokui, 'n voormalige adviseur van China se sentrale bank, wat glo dat albei lande se behoefte aan 'n ooreenkoms meer gewig dra as die heersende retoriek.
“Pres. Trump blyk waansinnig te wees, maar ek verkies om hom 'rasioneel waansinnig' te noem – hy wil 'n beter ooreenkoms vir die VSA opdwing,” het Li Woensdag in Beijing aan Bloomberg gesê.
Hy is nou verbonde aan die Tsinghua-Universiteit.
“Die twee kante is uiteindelik tog rasioneel.”
Trump het Sondag getwiet dat hy beoog om Vrydagoggend om 12:01 tariewe op sowat US$200 miljard dollar se Chinese goedere van 10% tot 25% te verhoog. Dié eskalasie van die handelstwis, sê Trump, is omdat hy glo China is besig om sy beloftes te verbreek.
Volgens die jongste gerugte wil China steeds Donderdag 'n afvaardiging na die VSA stuur vir wat veronderstel was om die afronding van maande se onderhandelings oor die twee lande se handelsverhouding te wees, maar CNBC berig dat 'n volskaalse handelsoorlog nou baie waarskynlik begin raak.
“Maak jou gordel vas en moenie jou asem ophou nie,” het Bank of America Maandag geskryf.
“Die jongste eskalasie van die handelsoorlog is totaal onverwags, ten spyte van die sterkte van die ekonomie en die markte.”
Aandelemarkte het ook wêreldwyd begin paniek wys. Die groot tegnologiereuse in die VSA het gemiddeld met 5% gesak.
The Guardian berig dat Trump se twiets dalk dui op die moontlikheid dat onderhandelinge tot 'n stilstand gekom het, maar hy probeer waarskynlik om sy onderhandelingstrategie te wysig vir 'n beter uitkoms.
Trump wil “sterk en taai voor Amerikaanse politieke belanghebbendes lyk, maar op stuk van sake wil altwee kante steeds 'n ooreenkoms hê,” sê Li.
Trump is welbekend vir sy geneigdheid om mettertyd sy retoriek toe te laat neem soos onderhandelinge voortduur, en hy het al self gesê dis hoe hy, gepaard met dreigemente van tariewe, nuwe ooreenkomste bereik, berig The Guardian.
Die jongste dreigement kan dalk addisionele toegewings uit die Chinese verseker, maar die risiko het beduidend toegeneem.
Hoewel China bereid is om toegewings te maak op 90% of meer van wat die VSA eis in pas met China se ekonomiese hervormings, moet die taalgebruik China se waardigheid onaangetas laat, sê Li.
“China wil nie as 'n slagoffer van die VSA se geboelie gesien word nie,” sê Li.
– Netwerk24/Bloomberg/The Guardian

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie