China op hete kole oor Trump en tariewe
Enige handelsooreenkomste wat China tot dusver met die VSA gesluit het, gaan onmiddellik teruggetrek word as pres. Donald Trump voortgaan om invoertariewe toe te pas. Dit was Sondag volgens Bloomberg die boodskap van die Chinese regering.
Albei partye het die afgelope naweek gesê planne om China se goederehandelsoorskot van $375 miljard met die VSA te verminder, vorder goed. Trump se dreigement om tog tariewe op Chinese invoer ter waarde van $50 miljard toe te pas, dreig egter om gesprekke te laat ontspoor.
“As die VSA voortgaan met stappe wat tariewe insluit, sal geeneen van die ooreenkomste wat tot dusver bereik is, ingestel word nie,” berig die staatsbeheerde nuusagentskap Xinhua.
Dit volg nadat ’n Chinese span met ’n Amerikaanse afvaardiging onder leiding van Wilbur Ross, Amerikaanse minister van handel, vergader het. Ross het Sondag ook vergader met Liu He, Chinese adjunk-president.
Ross het dié gesprek beskryf as “vriendelik en eerlik wat nuttige kwessies uitgelig het oor spesifieke items wat uitgevoer word”.
Die Chinese regering is egter ongemaklik nou dat dit lyk of Trump bloot enige ooreenkomste wat bereik is, kan ignoreer.
“China is bekommerd oor die onvoorspelbaarheid van die VSA, veral nadat Trump weer na tariewe begin verwys het,” sê Gai Xinzhe, ontleder by die Bank of China in Beijing.
“Trump sal welwillendheid vir werklik produktiewe onderhandelinge moet uitruil. Bluf, dreigemente en opsetlike optrede kan werk wanneer jy in die sakewêreld onderhandel, maar dit kan terugkom om jou te byt wanneer nasies met mekaar onderhandel.”
Een van die kwessies wat dié naweek tussen die twee lande bespreek is, sluit in dat die VSA meer voedselprodukte en natuurlike gas na China wil uitvoer.
Die dreigende handelsoorlog tussen China en die VSA kan ’n groot invloed op ekonomiese groei in die res van die wêreld hê.
Die Internasionale Monetêre Fonds het reeds gewaarsku dat só ’n oorlog ekonomiese groei kan benadeel. – Netwerk24/Bloomberg, verwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie